Die invloed van die reg op ons Suid-Afrikaanse beskawingspatroon
[摘要] Die vraag of die reg ons beskawingspatroon beïnvloed kansonder veel omhaal van woorde bevestigend beantwoord wordas ons, uitgaande van bepaalde verskynsels eie aan ons be skawingspatroon, telkens aantoon dat daar regsbepalinge be staan wat 'n conditio sine qua non is vir die bestaan vanbepaalde aspekte van ons Suid-Afrikaanse lewenswyse. ’nIndrukwekkende dog vervelige lang lys van gemeenregtelikeen wetteregtelike bepalinge sou dan aan u voorgehou kanword as voorwaardelik vir die bestaan van bepaalde verskyn sels. Die gevaar bestaan egter dat onder die magdom vanwoorde noodsaaklik vir die voltooiing van hierdie indeks vanregsoorsake met voortvloeiende gevolge binne die kader vanwat ons beskawingspatroon genoem word, ’n breër perspektiefverskuil gaan en ander bydraende faktore misgekyk word.Deur hierdie benaderingswyse sou tewens ook ’n aanmatigendbelangrike plek en invloedsfeer aan die juridiese toegedig word.Die legalistiese beskouing dat die reg as ’n soort selfgenoeg-same grootheid met een pennestreep gehele biblioteke totrommelpapier kan reduseer, soos Von Kirchmann in sy op-spraakwekkende geskrif: „Die Wertlosigkeit der Jurispru-denz als Wissenschaft" beweer, gaan mank aan die gebrek vaneensydigheid en oormatige veralgemening.
[发布日期] [发布机构]
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]