Onderwysersopleiding*
[摘要] In die geskiedenis kom die verskynsel telkens voor datbesondere aandag aan die onderwys geskenk word in krisistye wanneer materiële teëslae ondervind word of wanneer’n lewensbeskouing wat lank gehuldig is, teleurstel. Dit is danook begryplik dat die onderwys in die huidige tydstip vandie dreigende verval van Westerse gesag deur toonaangewendelande aan indringende ondersoek onderwerp word. Bloot asverteenwoordiger van die Westerse beskawing in Afrika soudie Republiek van Suid-Afrika dus al dringende aandag aandie vraagstuk moes skenk van hoe die onderwys en opvoedingten voordeligste aangewend kan word om die toenemendeverval te help stuit en ’n nuwe periode van vooruitgang enbeskawingsgroei teweeg te probeer bring. Maar die blankevolk hier te lande verkeer nog in ’n veel eiesoortiger en kwesbaarder posisie as die meeste Westerse nasies van wie hy afstam. Die feit bly staan dat ons ons vorm van beskawing nognie onomkeerbaar in hierdie land gevestig het nie. Meer asenige land van Europa of die Nuwe Wêreld staan ons in gevaarvan oorrompeling deur barbarisme wat van buite dreig. Omdie rede kan ons miskien minder as enige ander land bekostigdat daar interne onsekerheid is oor wat ons as enkelinge enas volk nastreef, want dit kan in sy konsekwensie slegs tottwyfel en gebrek aan eenheid lei. As ons hierby voeg die noodsaaklikheid om binne dekades oor te skakel na ’n nog gekompliseerder nywerheidsamelewing, om ’n nuwe en menswaardigebedeling uit te bou vir die saambestaan van rasse van Europese, inheemse en Asiatiese oorsprong, elk met sy eie kultureleen tradisionele agtergrond, en om die volgehoue en toenemendeinternasionale druk op ons beleid die hoof te bied, dan is dieomvang wat die onderwystaak in hierdie land aanneem duiselingwekkend.
[发布日期] [发布机构]
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]