已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die ontwikkeling en toetsing van artikulasievermoëns by die Afrikaanssprekende kind
[摘要] Daar bestaan tans geen gestandaardiseerde Afrikaanse artikulasietoets nie en ontwikkelingsnorms vir die klanke van Afrikaans is nog nie tevore opgestel nie. In hierdie studie is gepoog om 'n stel ouderdomsnorms vir die artikulasie-vermoë van die Afrikaanssprekende kind daar te stel en om 'n voorlopige vorm van 'n Afrikaanse Artikulasietoets vir gebruik by jong kinders op te stel. Die gegewens van 999 proefpersone (499 seuns en 500 dogters) tussen die ouderdomme 3-9 en 9-6 jaar is verwerk vir die vasstelling van die ontwikkelings norms. Die toetsmateriaal vir die artikulasietoets is gekies na aanleiding van die response van 2315 proefpersone. Benewens 'n woordelys vir gebruik as artikulasie-inventaris, word verskeie verwerkings en toepassings van verkreë response voorgestel. Daar word aanbeveel dat die voorlopige toetsformaat die volgende insluit: 'n Tabel vir die optekening van response; gegewens vir die berekening van algemene spraakverstaanbaarheid; materiaal vir die ontlokking van 'n monster van aaneenlopende spraak; 'n metode vir die ontleding van foutresponse; en 'n stimuleerbaarheids-subtoets vir diagnostiese doeleindes.
[发布日期]  [发布机构] 
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:1      统一登录查看全文      激活码登录查看全文