Die verband tussen adolessente se ervaring van hul gesinsfunksionering en selfkonsep
[摘要] Afrikaans: Die selfkonsep bepaal tot 'n baie groot mate die wyse waarop die individu sylewensomstandighede evalueer en deurskou. Die belang van die rol en funksie vandie selfkonsep tydens die oorgangsfase vanaf kind tot volwassene, kan dus nooitonderskat word nie.Uit die literatuurstudie blyk dat die ontwikkeling van die adolessent se selfkonsepverband hou met sy gesinsfunksionering. Veranderinge in die funksionering vangesinne oor die afgelope paar dekades, asook in die alledaagse lewensituasie engedrag van die adolessent, laat egter die vraag ontstaan tot watter mate diefunksionering van die gesin steeds 'n impak uitoefen op die adolessent seselfkonsep.Die doel van hierdie navorsingsprojek was dus om vas te stel of daar 'n verbandbestaan tussen die wyse waarop adolessente hulle gesin se funksionering ervaar enhul selfkonsep. Die hipotese is gestel dat daar wel 'n verband tussen adolessente seervaring van hulle gesinsfunksionering en hul selfkonsep bestaan.Die hipotese is ondersoek deur gebruik te maak van 'n ex-post-facto-navorsingsontwerpaangesien die bedoeling nie is om 'n oorsaak-gevolg-verbandtussen die veranderlikes bloot te lê nie. Gesinsfunksionering is vir die doel vanhierdie ondersoek gedefinieer as die wyse waarop ouers en hulle afhanklike kindersmet mekaar in interaksie tree. Vyf aspekte van gesinsfunksionering is uitgelig deurgebruik te maak van bepaalde items op die Biografiese Vraelys, naamlik:- onderlinge- vader se opvoedingspatroon- moeder se opvoedingspatroon- ouers se dissipline- toepassing van reëls deur ouersDie afhanklike veranderlike naamlik selfkonsep, is omskryf as 'n georganiseerdeeenheid bestaande uit al die sienings wat 'n individu van sy attribute het, sowel asdie ervaring hiervan as positief of negatief. Vir die meting van die selfkonsep isgebruik gemaak van komponent 2 (Eiewaarde) van die InterpersoonlikeVerhoudinge Vraelys. Standerd 7-leerlinge van hoërskole in die Oranje-Vrystaat isgeneem as proefpersone.By die ontleding van die gegewens is die chi-kwadraattoets van onafhanklikheidgebruik om die moontlike verband wat tussen die genoemde aspekte vangesinsfunksionering en selfkonsep mag bestaan, aan te dui.Uit die resultate van hierdie ontleding was dit duidelik dat die adolessent sebelewing van die dissipline van die ouers en die wyse waarop die ouers reëls toepas,beduidend korreleer met die selfkonsep van die adolessent. Onderlingegesinsverhoudinge, die vader se opvoedingspatroon en die moeder seopvoedingspatroon het egter nie statisties beduidend met die adolessent seselfkondep gekorreleer me. Laasgenoemde resultate stem nie ooreen metbevindinge uit die literatuur nie. Die feit dat die vrae op die Biografiese Vraelys niedie leerlinge die geleentheid bied om bogenoemde items deeglik te evalueer nie,kan as moontlike rede hiervoor aangevoer word.Die ondersoek het nietemin daarin geslaag om aan te toon dat, ten spyte vanveranderinge binne die gesin en binne die lewenssituasie van die adolessent, daarsteeds 'n verband tussen die adolessent se selfkonsep en sy ervaring vangesinsfunksionering bestaan.
[发布日期] [发布机构] University of the Free State
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]