已收录 273175 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die voorkoms van visuele persepsieprobleme en die effektiwiteit van arbeidsterapie groepbehandeling onder Graad 1 kleurling leerders
[摘要] Visueel-perseptuele vaardighede speel 'n belangrike rol in 'n kind se suksesvolle vordering opskool. Graad 1-leerders word gekonfronteer met belangrike ontwikkelingstake, soosskoolaanpassing, sosiale aktiwiteite en akademiese verwagtings ten einde hulle voor te bereiom 'n bydrae te lewer tot die gemeenskap waarin hulle woon. Visueel-perseptuelevaardighede lê die fondament vir daaropvolgende ontwikkeling ten opsigte van hoërkognitiewe vaardighede. Agterstande ten opsigte van visuele persepsie kan lei tot problememet skooltake soos lees, spelling, handskrif, visueel-motoriese koërdinasie en wiskunde. Deurdoeltreffende terapie kan funksionele probleme in 'n kind se lewe voorkom word. Vroeëintervensie kan 'n kind help om basiese vaardighede te ontwikkel wat die fondament vormwaarop formele onderrig of funksionele vaardighede gebou kan word.Arbeidsterapie-intervensie onder kinders het ten doelom hul funksionaliteit te verbeter en tekompenseer vir beperkte deelname deur middel van terapeutiese, doelgerigte enouderdomsrelevante aktiwiteite of omgewingsaanpassings. Suksesvolle terapie kan 'n kindhelp om aan daaglikse aktiwiteite deel te neem wat vir hom doelgerig en betekenisvol is.Arbeidsterapeute wat met skoolgaande kinders werk, is gemoeid met 'n kind se vermoë omtake en aktiwiteite, wat 'n invloed op sy skoolfunksionering het, so funksioneel moontlik uit tevoer. 'n Kind maak staat op sy vaardighede om volgens sy potensiaal te funksioneer. Kinders het nie gelyke geleenthede vir die ontwikkeling van visuele persepsie nie. Perseptueleprobleme kom by kinders van verskillende ouderdomme voor en kan verskeie oorsake hê.Kinders met emosionele probleme asook ontwikkelingsagterstande toon dikwels perseptueleprobleme. Dit hang gewoonlik nou saam met die soort stimulasie waaraan hulle blootgestel is.Die aantal kinders wat remediëring of hulp in die grondslagfase benodig, vermeerdertoenemend en neem kommerwekkende afmetings aan. Dit word vererger deur 'n leemte inbestaande dienslewering in die gemeenskap om ontwikkelingsagterstande aan te spreek.Buiten dat privaatterapie kostes inhou, is daar nie 'n privaat arbeidsterapie-diens in dieHeidedalof omliggende woonbuurtes beskikbaar nie. As gevolg van lae sosio-ekonomieseomstandighede en maatskaplike probleme in 'n gemeenskap, kan 'n gebrek aan stimulasienoodsaak dat 'n kind hulp moet ontvang om sy visueel-perseptuele vaardighede te ontwikkel. Kinders met visueel-perseptuele agterstande moet die geleentheid kry om deel te neem aanterapie ten einde hul skolastiese vermoë te verbeter en hul potensiaal te bereik. Diebehandeling van kinders met persepsieprobleme in privaatpraktyk en by hospitale geskiedhoofsaaklik individueel.Die studie het aangetoon dat daar In baie hoë voorkoms van visueel-perseptuele problemeonder graad 1 Kleurlingkinders in Heidedal, Mangaung is. Die studie het verder getoon datarbeidsterapie-intervensie by beide individuele- en groepterapie In positiewe invloed op diekinders se visueel-perseptuele vaardighede gehad het. Geen statisties beduidende verskilletussen individuele- en groepterapie vir die behandeling van visueel-perseptuele probleme hetvoorgekom nie. Dit blyk egter dat die kinders wat in groepe terapie ontvang het, neig om meerte verbeter ten opsigte van hul algemene visuele persepsie en visueel-motoriese integrasievaardighede.Behandeling in groepe lei tot meer effektiewe benutting van mannekrag, tyd en finansiëlebronne. Deur kinders in groepe te behandel kan In groter aantal kinders bereik word in diearbeidsterapeut se hantering van kinders met visueel perseptuele agterstande.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文