已收录 270281 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Leierskap by hoërskool-leerlinge: 'n longitudinale ondersoek
[摘要] Dit blyk uit die literatuur dat onvoldoende inligting beskikbaar is rakende die adolessent enleierskap, veral binne die Suid-Afrikaanse konteks. Toekomsgerigte leierskap vereis diedoeltreffende deelname van alle samelewingslede op die spesifieke vlak waarop en binne diesosiale milieu waarin elke individu beweeg (Pretorius, 1995). Dit volg logies dat die jeughierby ingesluit is leiers, sowel as nie-leiers.Die ontwikkeling en slyping van persoonlike potensiaal, begin reeds in die opvoedingsprosesvan die kind, om hom voor te berei vir 'n snel-veranderende omgewing. Hierdie inslagbehoort 'n prioriteit te wees vir alle rolspelers wat gemoeid is met die opvoedingsproses vandie kind en jeug (Toffier, 1979). Slegs dan sal die kind sy volle potensiaal verwesenlik,sodat hy sy regmatige plek in die samelewing kan inneem. Die opvoedkundige instansies,met inbegrip van die skool, het hier 'n belangrike rol te speel, as in ag geneem word dat dieskool. 'n groot behoefte vervul ten opsigte van leierskapontwikkeling van die jeug opverskillende terreine, Navorsingsinligting skiet egter tekort rakende die identifisering vanleerlinge met leierspotensiaal, sowel as die eienskappe wat leiers van nie-leiers onderskei.Die veranderlikes wat as moontlike voorspellers sou kon dien vir vroeë identifisering vanleierpotensiaal, is ook nie bekend nie. Om momentum te verleen aan die navorsingsproses,het die Departement van Onderwys van die Vrystaat 'n omvattende ondersoek van stapelgestuur, waarvan hierdie longitudinale ondersoek 'n deel uitmaak.Dit blyk uit die navorsingsliteratuur dat leierskap geassosieer word met diepersoonlikheidsfunksionering in totaliteit. Die doelwitte van die studie sou soos volguitgestippel kon word:•om 'n literatuuroorsig rakende leierskap te bied volgens die verskillende teoretiese uitgangspunte.�?om 'n begrip te verkry van die verband tussen leierskap by die adolessent en die volgende faktore: intellektuele funksionering, persoonlikheidsfunksionering, sosiale verhoudingsvaardigheid en verskeie biografiese faktore.•die identifisering van veranderlikes met betrekking tot bogenoemde faktore wat verbandhou met leierskap by die matriekleerling ten opsigte van verskillende leierskapsgebiede,naamlik akademies, sosiaallkultureel en sport. Deur die beginsels van Cattell se trekbenadering en die ontwikkelingsielkunde te kombineer,is 'n tweeledige ondersoek gedoen aan die hand van die ingesamelde gegewens. Eerstens isgepoog om te bepaal of matrikulante wat as leiers na vore tree op die verskillendeleierskapsgebiede (akademies, sosiaal/kultureel, sport) onderling van mekaar verskil, sowelas van hul nie-leier eweknieë met betrekking tot persoonlikheidstrekke, interpersoonlikeverhoudinge, intelligensie en verskeie biografiese faktore. Tweedens is 'n vergelyking getreftussen die matrikulante leiers en nie-leiers aan die hand van hul psigometriese gegewens ommoontlike konstrukte te identifiseer wat as voorspellers sou kon optree vir die vroeëidentifisering van potensiële leiers. Sodoende sou toepaslike leieropleiding vroegtydig beginkon word. Die Hoërskoolpersoonlikheidsvraelys, die Interpersoonlike Verhoudingsvraelys,die Nuwe Suid-Afrikaanse Groeptoets en 'n biografiese vraelys is as meetinstrumente gebruikom data te bekom.Wat die navorsingsontwerp van die projek aanbetref, is die kriteriumgroepontwerp astoepaslike ex post facto-navorsingsontwerp gebruik. Leierskap, as kwalitatiewe klassifikasiefaktor, is die onafhanklike veranderlike. Die kategorieë van die onafhanklike veranderlike,wat die onderskeie vlakke vorm waarvolgens die proefpersone in groepe ingedeel is, is dievolgende:akademiese leiers, sosiale leiers, sportleiers en geen leiers. Ooreenkomstig dievereistes van 'n kriteriumontwerp, kon proefpersone slegs aan 'n enkele vlak van dieonafhanklike veranderlike behoort. Matriekleerlinge wat dus aan net een leiergroep behoorthet, deur slegs 'n akademiese, sosiale, sport of geen leierposisie te beklee, is in dieondersoek betrek.Die afhanklike veranderlikes in hierdie ondersoek, is persoonlikheid, interpersoonlikeverhoudinge, intellektuele vermoë, asook biografiese veranderlikes. Ten opsigte van drieafhanklike veranderlikes, te wete persoonlikheid, interpersoonlike verhoudinge enintellektuele vermoë, is meetinstrumente gebruik wat gestandaardiseer is vir die populasiewat in die navorsingshipoteses figureer, naamlik adolessente hoërskoolleerlinge. Hierdiegegewens is ingesamel tydens leerlinge se Graad 9 (Standerd 7) akademiese jaar. Diebiografiese veranderlikes is met behulp van 'n Biografiese Vraelys (Bylae C) bepaal, watleerlinge tydens hul matriekjaar voltooi het.Die steekproef het uit 605 proefpersone bestaan, wat die Zastron buitelugskool in 1986bygewoon het. Hiervan was 313 seuns en 292 dogters. Skole waaraan die proefpersonebehoort het, is ewekansig deur die Onderwysdepartement geselekteer, sodat stedelike,semi-stedelike en plattelandse skole se leerlinge verteenwoordig is in die steekproef Terwille van verhoogde homogeniteit van die groepe en dus verhoogde interne geldigheid, isproefpersone volgens geslag verdeel, sodat die onderskeie leier- en nie-leiergroepe met ledevan dieselfde geslag vergelyk is.In aansluiting by die doelwitte van die studie, is dit duidelik dat bierdie studie twee primêreaspekte wil ondersoek, naamlik eerstens of daar verskille voorkom ten opsigte vanpersoonlikheidsfunksionering, interpersoonlike verhoudinge, intellektuele vermoëns enbiografiese besonderhede by matrikulante wat wel 'n leiersposisie het, teenoor diegene watgeen leiersposisie beklee nie. Dit is egter bier ook belangrik om vas te stelof daar vir dieverskillende leiers (akademies, sosiaal, sport) verskille voorkom ten opsigte van diegenoemde afhanklike veranderlikes. Persoonlikheid, interpersoonlike verhoudings enintelligensie is op intervalvlak gemeet en is 'n eenrigting meerveranderlike variansieontleding(MANOVA) as statistiese tegniek gebruik. Beduidende resultate is meteenveranderlike variansie-ontledings opgevolg. Die Scheffê-prosedure is benut om te bepaalwatter van die subgroepe/leiersgroepe se gemiddelde tellings op die afhanklike veranderlikesstatisties beduidend verskil. Ten opsigte van die biografiese veranderlikes (uitgesluitakademiese prestasie) wat op nominale vlak gemeet is, is die chi-kwadraattoets virhomogeniteit gebruik. Wat akademiese prestasie aanbetref, is die metingsvlak opintervalskaal en is 'n eenrigting variansie-ontleding (ANOVA),gedoen. Om te bepaal of diepsigometriese besonderhede (persoonlikheid, interpersoonlike verhoudinge en intellektuelevermoë) wat in standerd sewe afgeneem is, wel tussen die proefpersone as matrikulanteleiers en nie-leiers kan diskrimineer, is 'n stapsgewyse diskriminantanalise gedoen. Wilks seLambda-koëffisiënt is opeenvolgend bereken.Daar is in die resultate deur die ondersoekgegewens aangetoon dat daar eerstens beduidendeverskille bestaan rakende persoonlikheid, interpersoonlike verhoudings en intelligensie virmatrikulante dogters wat leiersposisies beklee het en die wat geen leiers is nie, asook tussendie leiers onderling (akademiese, sosiale en sportleiers). Tweedens is bevind dat daarbeduidende verskille bestaan rakende verskeie biografiese besonderhede tussen die leiers ennie-leiers, asook tussen leiertipes onderling (akademiese, sosiale en sportleiers) vir seuns endogters in matriek. Laastens kan daar tot die slotsom gekom word dat daar redelik suksesvoltussen matrikulante seuns en dogters wat leiers is en die wat nie leiers is nie, onderskei kanword op grond van spesifieke aspekte rakende hul persoonlikheid, interpersoonlikeverhoudings en intellektuele vermoë.Die gebruik van die HSPV, IVV en NSAG sou gebruik kan word om leerlinge metleierspotensiaal reeds vroeg in adolessensie te onderskei van die nie-leiers, sodat toepaslikeontwikkelingsprogramme vir leiers en volgelinge aangebied kan word.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:4      统一登录查看全文      激活码登录查看全文