已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die toepassing van kriging in geohidrologie
[摘要] Afrikaans: Die hoofdoel van hierdie studie is om ondersoek na die toepassing vankriging in die geohidrologie in te stel. Vir hierdie doel was dit nodig ombasiese krigingprogramme te ontwikkelom die ondersoek uit te voet.Ondersoek is na die verskeie passingsmodelle vir die eksperimen tele semivariogramingestel en daar is gevind dat indien die eksperimentele semivariogram'n holte-effek, soos in die geval van die transmissiwiteite enbergingskoëffisiënte van die Kaapse Vlakte, vertoon, kleinste kwadraatlatfunksies met groot vrug toegepas kan word. Hier moet egter sorg gedraword dat geraas (klein lokale variasies in die data) teenwoordig in die semivariogram,wat altyd voorkom weens die metode van berekening, sover asmoontlik uitgeskakel word.In die modellering van die watervlak in 'n akwifeer as 'n funksie van tyd,is dit nodig om die transmissiwiteite en bergingskoëffisiënte te varieer.Hierdie variasies kan egter nie willekeurig uitgevoer word nie. Die krigingfoutkan hier met groot vrug gebruik word om 'n aanduiding van die toelaatbarevariasie te gee. In die studie van die transmissiwiteite en bergingskoëffisiëntevan die Kaapse Vlakte is gevind dat deur van kriging gebruikte maak, die hoeveelheid boorgate wat benodig word aansienlik verminderkan word. Daarbenewens kan dit ook gebruik word om die posisies van dieboorgate meer optimaal te plaas. Kriging kan dus die oorhoofse kostes van'n boorprogram aansienlik besnoei.Waar watervlakke geïnterpreteer moet word, is gevind dat universele kriginggoeie resultate lewer. Daar is verder gevind dat die metode van Gambolatien Volpi (1979), waar die drywing eers uitgefilter word met 'n versamelinggoedgekose basisfunksies as 'n voorvereiste vir universele kriging, net sulkegoeie waardes as die gewone manier van Matheron lewer. Berekeningsuitgevoer met die Toppenish Creek data het getoon dat basisfunksies gekiesuit trigoriometriese polinome uiters geskik is vir die doel. 'n In teressan temetode waarop afgekom is en wat ook die onsydige voorwaarde bevredig,is die opbreek van die universele krigingmatriks. Vir hierdie geval hoef geeneksperimentele semi-variogram bereken te word nie.Verder in die studie word aangetoon dat kriging ook heel doeltreffend virdie interpolasie van hidrogeochemiese parameters aangewend kan word.Deur kontoerkaarte van hierdie parameters tot 'n mens se beskikking tehê, kan handige afleidings met betrekking tot verskillende eienskappe vandie grondwater in 'n akwifeer gemaak word.Toepassing van kriging op gravimetriese data het getoon dat die volumesvan oplossingsholtes in dolomiet met 'n uiters klein hoeveelheid dataakkuraat bepaal kan word.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:5      统一登录查看全文      激活码登录查看全文