已收录 271055 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die staatsfilosofie grondslae van politieke medeseggenskap in die regstaat
[摘要] Die studie is toegespits op die politieke vryheidsbegrip;die soeke in die staatsfilosofie na normatief verantwoordegrondslae vir 'n harmonieuse verhouding tussen owerheidsgesagen onderdaanvryheid in die staatsverband.Politieke vryheid impliseer inspraak van die onderdaan by-sy owerheid; sinvolle politieke medeseggenskap. Dit beteken dataan die burgery die geleenthei d gebied word om met medeverantwoordelikheidaktief, rigtinggewend en medebepalend aan diepolitieke proses deel te neem. Hierdie staatkundige, burgerlikebevoegdheid kan slegs sinvol wees indien dit juridies gewaarborgen gehandhaaf word in 'n regstaat, waarin owerheidsmagte en-gesag juridies begrens is ten opsigte van die burgery seburgervryhede.Dié standpuntinname is gefundeer op die Christelikestaatsfilosofie. Daarvolgens word die unieke individualiteitstruktuurvan die staat, as regsverband, en politieke medeseggenskapas onderdaanplig, in gelowige gehoorsaamheid aan dienorme van die wet van God, erken. Dit staan in skerp teenstellingtot dié staatsbeskouings, waarvolgens die menslike wil en redeverabsoluteer wad, en politieke vryheid as 'n Inherente burgerlikegesagsregin en oor die staat beskou word.Oorsigtelik word aangetoon dat daar, weens die innerlike,religieuse dialektiek van hul vorm/materie-motief, in die antiekheidensestaatsfilosofie van die Grieke en die Romeine nie 'nregstaat tot stand kom nie. Die Christelike religie besorg aan die mens die grondmotiefvan skepping, sondeval en verlossing in Christus. Christelikevryheid beteken derhalwe die blymoedige gehoorsaamheid van dievrygekoopte. Omdat die finale oppergesag, ook oor die staat,steeds by God geleë is, sou owerhede daarna ook nie meereiemagtig op In reg tot absolute owerheidsgesag aanspraak konmaak nie.In die prinsipiële skeiding wat daar tussen die onderskeiegesagsterreine van staat en kerk deur Augustinus getref word,word die begrip van soewereiniteit in eie kring van die menslikesamelewingsvorme in beginsel aangedui; die enigste grondslag virnormati ef begrensde owerhe idsgesag.Die middeleeue lewer die sintese tussen die antiek-heidensegedagtegoed en dié van die Christelike, waarvolgens Aquinas syreligieus-dialektiese natuur/genade-motief poneer. Die staatword beskou as In veelomvattende lewensorganisme en aan dieoppergesag van die kerk ondergeskik gestel. Dit bied geengrondslag vir In regstaat nie.Hierdie tydperk levier ook die opkoms van die modernehumanistiese staatsbeskouing, waarvolgens Marsilius van Paduadie·begripppe volksverteenwoordiging en volksoewereiniteitaanvoor.Tydens die Hervorming word deur Luther en Calvyn die riglyneneergelê waarop In Protestants-Christelike staatsfilosofie souverrys. Dit dui opnuut op die enkelvoudige Christelik-religieusegrondmotief, waardeur die waardigheid van die menslike persoonlikheid,as beelddraer van God, in ere herstel word, Calvyn beklemtoon die beginsel dat owerheidsgesag Goddelik verleendegesag is, dat eerbied die owerheidsamp toekom, en dat sowelowerheidstaak as onderdaanplig In dure verantwoording vandie Christelike norme beteken.Daarna word die wysbegeerte deur die humanistiese vryheidsenwetenskapsideaal oorheers. Locke, de Montesquieu en Rousseaubou die humanisties-liberalistiese regstaatsgedagte - met dienumeriese meerderheidsbeginsel, volksoewereiniteit en diegelykheidspostulaat as tiperend daarvan - in besonderhede uit.Op hierdie grondslag verrys die moderne, radikaal-liberaledemokrasie. Die owerheid word steeds diensbaar en ondergeskikgestel aan die willekeurige oppergesag van die soewereinestaatsvolk; bloot ter menslike behoeftebevrediging. Die staatword afgetakel tot In soort nutsmaatskappy, wat veral by Painelei tot die logiese konsekwensie - staatsnihilisme.De Tocqueville en John Stuart Mill wys op die gebrek aanmateriële waarborge in die demokrasie teen die sielsverslawendemeerderheidsoorwig, wat tot meerderheidstirannie aanleidingkan gee. Weens die toenemende aandrang op maatskaplike enekonomiese gelykheid, wys hulle ook op die gevaar van Intoenemende magskonsentrasie in owerheidshande, wat moet lei nastaatstotalitarisme.Martiain beleef die opkoms van die twintigste eeusetotalitarisme. Hy stel In terugkeer na In Christelike grondslagvir In hernieude demokrasie voor, maar slaag nie daarin om teontkom aan die dualisme in sy Thomistiese religieuse grondmotiefnie. Sy 'sedelike oktrooi' - bloot 'n samevatting van diehumanisties-liberalistiese staatsbeskouings - as grondslag virsy nuwe demokrasie ten spyt, lewer hy nogtans die staat uitaan die oppergesag van die kerk.Die Protestants-Christelike staatsbeskouing, soos vergestaltin die Wysbegeerte van die Wetsidee van Herman Dooyeweerd,word die grondslag vir 'n suiwer Christelike staatsfilosofie.Slegs op hierdie grondslag kan 'n volwaardige regstaat, metsinvolle politieke medeseggenskap daarin, tot stand kom. Alleenin 'n Christelike burgerstaat sal die harmonieuse owerheidsonderdaan-verhouding juridies gewaarborg en gehandhaaf kan word,omdat die staatsfilosofiese grondslae daarvan in die skeppingsordeverankerd is.Die idee van politieke medeseggenskap vind derhalwe slegsin die Protestants-Christelike staatsfilosofie sy allesdekkendeen normatief verantwoorde staatsfilosofiese fundering.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文