Die manifestasie van studentemag en die wortels van studenteoproer aan die Engelstalige universiteite van Suid-Afrika sedert die jare sestig - 'n eietydse geestesgeskiedenis
[摘要] Afrikaans: Die patroon van studenteverset aan die Engelstaligekampusse van Suid-Afrika is in die eerste instansie Inweerspieëling van die ideologiese tweespalt in die breërblanke samelewing oor die volkereverhoudingsvraagstuk. Dieblanke studente het weens faktore eie aan die studentegemeenskappe,die taal en kultuurskeidslyne oorgeaksentueer.Na 1948 het die Engelstalige universiteite die rol van dieaktiewe teenstanders van die regering beklee, terwyl dieAfrikaanse kampusse die ondersteuners van die politiekestatus quo geword het. Hierdie gesindheidskontraste is dikwelsterug te vind in die ontwikkelingsgeskiedenis van dieuniversiteite self en die interuniversitêre liggame soosdie Afrikaanse Studentebond (ASB) en die Nasionale Unie vanSuid-Afrikaanse Studente (NUSAS).Die eerste duidelike manifestasie van studenteverset aandie Engelstalige kampusse staan in verband met die regeringse vestiging van aparte universiteite vir Blank en Swartkragtens die Wet op die Uitbreiding van Universiteitsopleiding,(1959). Deur die instelling van akademiese vryheidswydingsgelofteshet die Engelstalige universiteite hulselfverbind aan In beskouing dat die gemeenskap van dosente enstudente rasseskeiding aan die universiteite teenstaan, enakademiese meriete en die strewe na waarheid as die enigstemaatstawwe vir toelating aanvaar. Omdat die politieke bestelvan die Suid-Afrikaanse samelewing waarbinne hierdieuniversiteite genestel is, in hoofsaak op 'n beleid vanrasseskeiding gegrondves is, het dit hierdie universiteiteop In konflikpad met die Suid-Afrikaaanse regering geplaas.In hierdie opset het NUSAS homself in die rol van In idealekernorganisasie gegiet wat die studente-aksie van In oorkoepelendestrategie voorsien het. Omdat NUSAS 'n tussenuniversitêreorganisasie is, is die universiteitsowerhedenie by magte om die organisasie aan hulle gesag te onderwerpnre. Daarby het NUSAS deur middel van sy geaffilieerde studenterade en die plaaslike NUSAS-komitees 'n tasbare skakelingmet al die betrokke kampusse gehad. Deur sy organisatoriesebande met die kampus kon NUSAS 'n landswye versetbeweging optou sit deur plaaslike versetaksies te koordineer en gemeenskaplikedeelname bewerkstellig.Die achilleshiel van NUSAS is egter dat hy moeilik sy karakteras 'n nasionale unie van studente kan handhaaf in 'n landsopsetwaar die kultuurgebonde Afrikanerstudent en die vryheidsbewusteswart student telkens weg geneig het. Om die swartstudent binne die NUSAS-vangkamp te hou, het NUSAS hom alhoe meer met die swart studente se politieke aspirasiesvereenselwig, terwyl dit aan die anderkant ook die kampvegtervir die liberale lewenshouding en opvatting is.
[发布日期] [发布机构] University of the Free State
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]