The social relations of the taxi industry in South Africa: contending theories of corporatism, pluralism and systematic patronage
[摘要] Afrikaans: Hierdie tesis ondersoek die sosiale verhoudinge wat die taxi industrie van Suid-Afrikaverbind aan die staat, maar ook aan ander sosiale en politieke vorminge binne diesamelewing. Die assumpsie is dat ooreenkomste en institusionele verordeninge watvoortvloei uit dié verhoudinge 'n integrale deel vorm van die diskoers wat staat ennasie-vorming onderlê, maar ook die teoretiese veronderstellings van die sogenaamdeburgerlike samelewing. Die studie gee dan ook, eerstens, 'n empiriese en deskriptieweomskrywing van die vernaamste kenmerke van die taxi industrie, asook die historiesemomente wat aanleiding gegee het tot die huidige verhouding tussen die staat en dieindustrie. Tweedens word drie teorieë aangebied ter verklaring en interpretasie vanbepaalde tendense in genoemde verhoudings. Pluralisme, korporatisme en sistemiesepatronaatstelsels as kompeterende veronderstellings en teorieë van reg en geregtigheidword voorgehou as die dominante teoretiese diskoerse. In kritiek op die teorieë, maarook ter aanvulling van bepaalde identifiseerbare tekortkomminge in dieverklaringskapasiteit van die teorieë, word regime teorie ingewerk en veralkorporatisme word konseptueel verbreed om voorsiening te maak vir die pertinenteteenwoordigheid van informele oorlewing, 'n spesifieke kenmerk van ontwikkelendepolitieke ekonomieë. Van die belangrikste gevolgtrekkings van die studie sluit in,eerstens, dat die samelewing in Suid-Afrika nie sondermeer voldoen aan diekonseptuele en historiese veronderstellings van 'n burgerlike samelewing nie. Tentweede dat die wyse waarop die staat homself verbind aan die samelewing dikwelskenmerke toon van die opportunistiese verbintenisse van patronaatskap wat dan tengevolg het dat formele verhoudinge ten beste omskryf kan word as kompromieë: 'ninstitutionele verordening wat buite die konseptuele parameters van konsensus enpluralisme val. Kompromieë is kenmerkend ten koste van die outonomie van die staaten sentreer hoofsaaklik rondom die sydige verspreiding van daardieoorlewingsstrategieë wat die staat veronderstel word eweredig te versprei. Indien diebeginsels van 'n liberaal demokratiese bestel voorgehou word as 'n konstitusioneleuitgangspunt, soos dit wel in Suid-Afrika gedoen word, kan spesifieke operasionelegebreke en afwykings in die beleidsformulering wat demokratiese stelsels onderlê inSuid-Afrika, identifiseer word. Hierdie studie belig sodanige gebreke deurlopend enspesifiek aan die hand van die taxi industrie.
[发布日期] [发布机构] University of the Free State
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]