已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die teeltstruktuur van die karakoel in Suidwes-Afrika met spesiale verwysing na die neudammkudde
[摘要] 1. Ondersoek is ingestel na die teeltstruktuur van die Karakoel in Suidwes-Afrika en in die lig van die besondere belangrikheid van die Neudammkudde is hierdie kudde geneties verder ontleed. Die invloed wat uoderdom op die reproduksie patroon van Karakoelooie uitoefen, is ondersoek met die doelom die optimalekuddestruktuur ten opsigte van ouderdom vir maksimum teeltvordering te bepaal.2. Vir die bepaling van die teeltstruktuur is van 'n ewekansige 25 persent monstervan alle lammers wat gedurende 1960 en 1970 in die S.W.A. Stamboek geregistreer is, gebruik gemaak. Volledige vier-generasie stambome is vir hierdie doelopgestel. Die algemene vorm van die teeltstruktuur is bepaal deur die kuddes opgrond van hulle belangrikheid in verskillende strata te klassifiseer. Kuddegroottesis uit rekords van die Karakoeltelersvereniging van Suidwes-Afrika verkry.Die belangrikheid van individuele kuddes is met verskillende metodes asookook die effektiewe aantal kuddes wat ramme aan die bedryf voorsien, bepaal. Individueleinteeltkoëffisiënte is vanaf die vier-generasie stambome beraam om vaste stel in watter mate van inteling gebruik gemaak word.Die gemiddelde grootte van stoetkuddes was in 1970 105 ooie terwyl dit in 1960uit gemiddeld 159 ooie bestaan het. Meer as 72 persent van alle kuddes het ophierdie stadium uit minder as 100 ooie bestaan terwyl slegs 5,12 persent van allekuddes uit meer as 500 ooie bestaan het. Daar het sedert 1960 'n vinnige ontwikkeling in die stoetbedryf plaasgevind. In 1960 is slegs 2 267 lammers gereistreer terwyl die getal in 1970 10 637 was.Die algemene vorm van die teeltstruktuur toon TIpiramidale of hiërargiese voorkomswat die effektiewe vloei van genetiese materiaal vanuit die topkuddes na die kommersiëlebedryf moontlik maak. Vanweë die beperkte kuddegrootte vind genetieseverbetering binne kuddes hoofsaaklik op hierdie wyse plaas. Die effektiewe aantal kuddes wat vaders in die ouc:dlke generasie voorsien, is ongeveer 6 in 1960en 12 in 1970, terwylooreenstemmende waardes vir die vierde generasie 2,06 en1,71 vir 1960 en 1970 onderskeidelik is wat op 'n groter sentralisasie van die bedryf dui.Die Karakoelbedryf is ten opsigte van sy topteeltmateriaal in 'n groot mate vandie Neudammkudde afhanklik soos ook uit die totale genetiese bydrae van die kuddetot die stoetbedryf blyk. Hierdie waardes is 49,53 en 51,84 persent vir 1960 en1970 onderskeidelik. Die Neudammkudde bestaan uit ongeveer 550 ooie, wat moontlikkan meebring dat genetiese verbetering gaandeweg teen 'n stadiger tempo kanplaasvind en die bedryf moontlik 'n stabiele stadium kan bereik. Indien die Karakoelbedryfnog steeds so afhanklik van die Neudammkudde bly - wat onwaarskynlikis - sou dit 'n stremmende effek op teeltvordering hê. 'n Vergroting van dieNeudammkudde kan moontlik volgehoue teeltvordering begunstig. Die totale genetiese bydrae van die vyf belangrikste kuddes in 1960 was 89,64 persent en diévan die sewe belangrikste kuddes in 1970 gelyk aan 76,86 persent. Verskeie kuddesmoes dus sedert 1960 in belangrikheid toegeneem het.tyd geaksentueer word.Die gemiddelde graad van inteelt in alle stoetkuddes is betreklik laag asook dieHierdie tendens mag metterfrekwensienouer verwantskapsparings. Ouer-nageslagparings kom in 'n groter matein kleiner kuddes as in groter kuddes voor. Die gemiddelde graad van inteelt,vanaf vier-generasie stambome beraam, was 3,51 en 3,59 persent vir 1960 en 1970onderskeidelik.3. Vir die teeltanalise van die Neudamm-karakoelkudde is van TI 25 persent ewekansigemonster van alle geregistreerde swart lammers wat gedurende 1930, 135,'40, 145, i50, 155, '6o, 165 en 1970 uit die stoet gebore is, gebruik gemaak.Die stambome van die gemonsterde lammers is vir ses generasies volledig terugge~voer en die graad van inteelt by wyse van stamboek=monsteringsmetodes ontleed.Die totale graad van inteelt en sy onderskeie komponente is met behulp van driemetodes, 'waaronder die sogenaamde 11kortmetodes van Wright ingesluitis, beraam.Die mate van lynteelt is met behulp van kollaterale verwantskapskoëffisiënte beraamen die bydrae van individuele voorouers in terme van die persentasie direkteverwantskap van die betrokke individu tot die kudde uitgedruk.Die totale inteelt neem toe en kom in 1970 op ongeveer 25 persent relatief totdie basispopulasie van ongeveer 1915 te staan. Die inteelttoename bereik 'n maksimumvan 9,64 persent in 1965 relatief tot die kudde in 1944. Die ooreenstemmendewaarde vir 1970 is 7,74 persent relatief tot ongeveer 1949. Die hoë inteelttoename in 1965 kan aan die onderverdeling van die kudde in lyne toegeskryfword, en waar die frekwensie van die paring van noue verwantes binne lyne dadeliktoegeneem het. Die beramings van d,i.egraad van inteeltverskil aansi.enlik tussendie drie metodes gebruik, en die 11 kortmetode van Wrightll vanaf twee lyne blyk niegeskik te wees vir akkurate beramings van inteeltkoëffisiënte nie.Hoofsaaklik omdat noue verwantskapsparings doelbewus vermy is, is die bydrae vandie onlangse inteling tot die totale inteling betreklik laago Halfsibparingshet meeste tot hierdiekomponent bygedra. Verwantskapsparings vind hoofsaaklikplaas omdat die kudde betreklik klein is en die bydrae van kuddegrootte tot dietotale inteelt relatief tot 'n basispopulasie in 1915 is, met sekere veronderstellings,op 11 persent beraam.Gedurende die tydperke 1930 tot 1940 en 1965 tot 1970 is die kudde in 'n sekeremate in lyne verdeel. In die tydperk 1930 tot 1940 het lynteling plaasgevindomdat die vlakkrultipe gedurende dié tydperk ontwikkel is en lynteling op voorouersgerig is wat in hierdie eienskappe voortreflik was. Gedurende die tydperk1945 tot 1960 kon die kudde as In homogene eenheid beskou word, aangesien geen Lyntelinguitgevoer is nie. Vanaf 1963 is die Neudammkudde doelbewus in semigeïsoleerdelyne verdeel waarin lynteling, noodwendig moes plaasvind. Hierdielyne kan tot gevolg hê dat die inteelttoename versnel en dat die seleksiedifferensiaal in die kudde as geheel verlaag kan word omdat seleksie en die gebruik vanvoortreflike ramme tot die lyne beperk kan word. Enkelvoudige korrelasiekoëffisiënteis tussen die massa van lammers met geboorte en individuele intelingskoëffisiënte beraam. Die waardes is 0,395 en - 0,017 vir die 1965 en 1970 monstersonderskeidelik waar slegs eersgenoemde hoogsbetekenisvol is wat op 'n moontlikenadelige effek van inteling op geboortemassa dui.Sommige individuele ramme toon 'n hoë verwantskap tot die kudde, waarvan die bydraevan sommiges selfs hoër as 20 persent is. Die belangrikstes is R1500, R2405,R4077 en R533 en hierdie ramme het waarskynlik ook meeste tot die kudde-ontwikkelingen inteelttoename bygedra. R1500 is die vader van R2405 terwyl R4077 weerdie seun van R2405 is.4. Die invloed van di.e ouderdom van die ooi op lampersentasie i.sbelangrik omdie optimale ouderdomsamestelling vir maksimum teeltvordering in die Neudammstoetkuddete bepaal. Alle geregistreerde ooilammers wat vanaf 1950 tot en met1965 in die Neudamm-karakoelkudde gebore is, is in hierdie berekenings ingesluit.Lamresul tate is gebaseer op In spesifieke ouderdom van elke ooi.Ouderdom het In hoogsbetekenisvolle (P< 0,01) invloed op die lampersentasie �?Dieaantal lammers per ooi gepaar per jaar gebore, styg van 0,750 vir twee jaar oudooie tot 'n maksimum van 0,877 vir vyf jaar oud ooie. Dit daal daarna betreklikvinnig tot 'n minimum van 0,636 vir tien jaar oud ooie. Die frekwensie meerlinggeboortes is laag en daar is skynbaar 'n styging met toenemende ouderdom. Diemortaliteit is vanaf geboorte tot 18 maande ouderdom, dit wil sê met eerste paring,besonder hoog (18,21 persent) waarna dit betreklik laag is. Dit styg weervanaf 2,56 persent by 4 jaar oud ooie.5. Verskille in die ouderdomstruktuur van stoetkuddes oefen 'n invloed op diejaarlikse genetiese vordering uit. Met sekere veronderstellings kan die invloedwat verskillende faktore en kuddestatistieke op teeltvordering uitoefen, teoretiesbestudeer word. Die invloed van die ouderdomstruktuur, lampersentasie, mortaliteit,ouderdom met eerste paring en die persentasie ramme gebruik, is teoretiesbestudeero'n Toename in beide die aantal ram- en ooi-ouderdomsgroepe bring 'n daling in diecelatiewe jaarlikse teeltvordering teweeg. Die optimum samestelling vir maksi=mum vordering verskil by verskillende lampersentasies. Minder ouderdomsgroeperamme en ooie word egter meer belangrik namate die lampersentasie toeneem. Meeras twee rameouderdomsgroepe het egter in bykans alle gevalle die stadigste teeltvorderingtot gevolg.'n Toename in die mortali tei t het ook 'n daling in die teeltvordering per jaar totgevolg. 'n Hoë mortali tei t het primêr 'n laer seleksie=intensi tei t tot gevolg.'n Toename in die lampersentasie is waarskynlik die vernaamste faktor vir vinnigerjaarlikse teeltvordering binne 'n kudde; ditneem toe met 'n toename in die lampersentasie.Die invloed van die ouderdom met eerste paring is 'n direkte gevolg van'n verandering in die generasie-interval. Paring van ramme en ooie op 'njongerouderdom bring vinniger jaarlikse teeltvordering mee. Die belangrikheid vanminder ram- en ooi-ouderdomsgroepe neem ook toe wanneer paring op TI jonger ouderdom plaasvind. Soortgelyke resultate word verkry deur TIvermindering in diepersentasie ramme wat jaarliks gebruik word.Die gemiddelde generasie-interval het in die Neudammkudde tussen 1930 en 1970 van2,98 tot 4,23 jaar gevarieer en was in 1970 3,30 jaar. Die ouderdomsamestellingis van so 'n aard datbetreklik virmige teeltvordering wel verwag kan word en blyknie die mees beperkende faktor te wees nie. Ramme behoort na intensiewe gebruikop jaar uitgeskakel te word. Vinniger jaarlikse teeltvordering kan egter bewerkstellig word deur 'n toename in die lampersentasieie teeweeg te bring. Met diehuidige struktuur en generasie-interval van toepassing, kan die relatiewe jaarlikseteeltvordering in die Neudammkudde met ongeveer 8,5 persent verhoog word asdie lampersentasie met 'n verdere 20 persent verhoog sou word.6. Die algemene vorm van die teeltstruktuur van die Karakoelbedryf in Suidwes-Afrika is van so 'n aard dat genetiese verbetering wel deur die hele bedryf kanplaasvind. Teeltverbetering het in die verlede dan ook hoofsaaklik op hierdiewyse plaasgevind as·gevolg van die belangrikheid van en die teeltverbetering watin die Neudammkudde plaasgevind het. Beperkte kuddegrootte, die onderverdelingvan die kudde in lyne en 'n te lae lampersentasie is waarskynlik die belangrikstefaktore wat teeltverbetering in die Neudammkudde strem en vinniger inteelttoenamestot gevolg het. Die Neudammkudde maar ook ander vooraanstaande kuddes behoortvergroot te word ten einde die teeltsituasie in die Karakoelstoetbedryf op'n gesonder grondslag te plaas.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:6      统一登录查看全文      激活码登录查看全文