已收录 271055 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
'n Ondersoek na entrepreneurseienskappe onder sekondêre skoolleerlinge
[摘要] Afrikaans: 'n Kernvraag wat swaar op die hart van elke Suid-Mrikaanse skoolleerling rus, ishoe hy/haar hom-/haarself loopbaangewys kan voorberei in 'n land waar kwynendewerkgeleenthede, sosiale en politieke onrus en 'n verswakkende ekonomie aan dieorde van die dag is. Aansluitend hierby ondervind Suid-Mrika 'n enormeonderwyskrisis wat 'n bleek kleur aan die toekoms van die land verleen. Talleskrywers, sprekers en navorsers bepleit entrepreneurskapsontwikkeling as oplossingvir Suid-Mrika se probleme. Die problematiek van 'n gebrekkige, konformistieseonderwysstelsel en die opgradering en ontwikkeling van skoolleerlinge om met diebehoeftes van 'n veranderende industriele gemeenskap tred te hou, moet asaanvanklike stimulus vir hierdie studie gesien word.Entrepreneurs vorm 'n dominante deel van die Suider-Mrikaanse sakegemeenskap.Die behoefte aan voorbereiding en ontwikkeling van skoolleerlinge as potensielewerkskeppers en bekwame en kundige werknemers word voortdurend deur die sakesektorbeklemtoon. By implikasie beteken dit 'n totale herevaluering van diebestaande onderwysstelsel. Huidige en potensiele entrepreneurs op skoolvlak salslegs suksesvol geldentifiseer en ontwikkel kan word indien 'n doeltreffendeentrepreneursontwikkelingsmodel en -programme voorberei word om 'n optimalebydrae tot die uitbouing van die vryemarkekonomie te !ewer.Gegewe die belangrike posisie van entrepreneurs in die vryemarkekonomie, asookdie uniekheid van die entrepreneursverskynsel, is entrepreneursontwikkeling opskoolvlak dus 'n prioriteitsaangeleentheid.In die Jig van hierdie kritieke aangeleentheid is 'n studie onderneem na dievoorkoms van entrepreneurseienskappe, indien enige, onder sekondere skoolleerlinge.Ten einde voile stukrag hieraan te verleen, is 'n literatuurstudie, bestaandeuit vier teoretiese hoofstukke, onderneem: Hoofstuk 2 handel oar Entrepreneurskap in perspektief'. 'n Definisie van die begripentrepreneur, 'n beskrywing van die identiteit van die ware entrepreneur, asook 'nontleding van die verskillende tipes entrepreneurs word aangebied. Voorts word dieimpak van verskeie makro-omgewingsveranderlikes op die entrepreneursverskynselonder die soeklig geplaas.Algemene mites wat dikwels 'n wanbeeld van entrepreneurskap projekteer, word inhoofstuk 3 beskryf. Die entrepreneurspersoonlikheid en die vemaamste vaardighedewaaraan skoolverlaters tekortskiet, word as integrale deel van entrepreneursontwikkelingbenader.In hoofstuk 4 word die ontwikkeling van entrepreneurskap op skoolvlak ontleed.Spesifieke aandag word geskenk aan die ontwikkeling van 'n eg Suid-Afrikaanseentrepreneurskapsontwikkelingsmodel en -programme. Hierdie ho~fstuk lei tot 'nbevestiging van die behoefte aan entrepreneursontwikkeling op skoolvhik.Die bevordering van entrepreneurskap en sakevemuf onder die jeug word mhoofstuk 5 bespreek. Aandag word aan fundamentele probleme en moontlikeaanpassings in die onderwysstelsel ter bevordering van entrepreneurskap geskenk.Die waarde van entrepreneurskapsopvoeding op skoolvlak en die pydrae van dievemaamste rolspelers, naamlik die ouergemeenskap, skoal, sakesektor en media totentrepreneurskapsontwikkeling word in detail geevalueer.Vir die doel van die empiriese ondersoek is skole in die Bloemfontein-gebiedgenader om inligting oar skoolleerlinge se persepsie van entrepreneurskap en diebesigheids/-sakewereld te verkry.Aandag is oak geskenk aan die voorkoms van die vemaamste entrepreneurseienskappeonder skoolleerlinge. lnsiggewende resultate is uit die onderspek verkry. Oardie algemeen blyk dit dat leerlinge negatief ingestel is en oak 'n mate vanonsekerheid toon ten opsigte van entrepreneurskap as potensiele loopbaangeleentheid.'n Gebrekkige kennisraamwerk betreffende entrepreneurskap isalgemeen, asook die wanopvatting dat entrepreneurskap sentreer random 'n kits-geldmaakproses en die verwerwing van status. Voorts het die ondersoek ook aandie Jig gebring dat die skoal, en spesifiek voorligtingonderwyser(s) van dieonbelangrikste bronne van inligting rakende entrepreneurskap verteenwoordig. Dieondersoek bet egter oak getoon dat slegs geringe pogings tot dusver deur skoleaangewend is om skoolleerlinge volledig in te Jig betreffende hierdie kritiekeaangeleentheid.Op grond van die empiriese studie kon aanbevelings gemaak word wat met vrugdeur die onderwysowerhede oorweeg kan word.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:4      统一登录查看全文      激活码登录查看全文