已收录 273170 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
'n Ondersoek na personeelbestuursproses in landboukooperasies in Suid-Afrika
[摘要] Namate die produsering van voedsel al hoe belangriker word, word die eisewat aan kooperasies gestel word,groter. Om hierdie groter eise die hoofte kan bied, word die verantwoordelikheid wat aan personeel gestel word ookal hoe groter. Om beskikbare personeel dus optimaal te benut, het lynbestuur.die hulp van opgeleide personeelspesialiste nodig om hulle in dié belangriketaak by te staan. Hierdie verhandeling poog om aan te toon watalreeds gedoen word en wat in die toekoms·gedoen sal moet word om te versekerdat die personeelbestuurder genoegsame bystand aan lynbestuur in hierdieverband sal kan gee.In hierdie verhandeling is 'n uiteensetting van personeelbestuur gegee en isdaar onder meer gelet op wat personeelbestuur is, hoekom dit nodig is, engee aan aspekte soos die personeelvoorsieningsproses, opleiding en ontwikkeling,verhouding en kommunikasie, vergoeding en grensvoordele.Ten einde 'n idee aan die leser te gee wat kooperasies is, hoe hulle ontstaanen ontwikkel het en die plek wat hulle in die samelewing beklee, is daar 'nhoofstuk net aan kooperasies gewy. Daar word kennis geneem van hoe kooperasiesin die laaste helfte van die vorige eeu in die vorm van verbruikerskooperasiesoorsee tot stand gekom het. In Suid-Afrika het landboukooperasieseers werklik hulle beslag gekry toe die land met baie moeilike omstandighedete kampe gehad het. Dit het die boere leer saamstaan en meegebring datkooperasies mettertyd uitgebou en ontwikkel kon word.Vir die empiriese gedeelte van die ondersoek is gegewens deur middel van 'nvraelys by 92 kooperasies ingesamel. Daar is in sekere gevalle van die Chikwadraat-metode gebruik gemaak om te bepaal of daar 'n statisties beduidendeverband tussen sekere veranderlikes bestaan. Resultate is onder andere verkryoor(a) die toename van personeelgetalle in die afgelope twee jaar;(b) die verskillende personeelfunksies soos dit in landboukooperasiesverrig word;(c) die getalle personeel wat aan personeelwerk toegesê is, en hullekwalifikasies;(d) probleme ten opsigte van personeelbestuur;(e) beleide en praktyke ten opsigte van indiensneming, opleiding,vergoeding, verhoudinge, ens.Daar is onder meer bevind dat verskeie kooperasies reeds redelik groot isen dat die kooperasies met meer as 150 personeel met meer personeeIproblemete kampe het as die kleiner kooperasies. Kooperasies is betreklik swak toegerusmet personeeldepartemente en personeel wat uitsluitlik vir personeelwerkgesekondeer is. Verskeie personeelpraktyke is reeds betreklik algemeen ingebruik, terwyl 'n sterk behoefte aan ander aangevoel word. Daar is ondermeertot die gevolgtrekking gekom dat waar kooperasies groter word en verskeieprobleme ondervind en behoeftes aangevoet word, verskeie veranderings aangebringsal moet word op die terrein van personeelbestuur.Ten slotte kan enkele van die aanbevelings net kortliks aangestip word:-Kooperasies kan dit beslis oorweeg om in 'n groter mate van personeelspesialiste gebruik te maak.-Waar koóperasies reeds van opgeleide personee Imense gebruik maak of oorweeg om dit te doen, moet hulle dit oorweeg om die personeelman direk aan die Hoofbestuurder verantwoordelik te maak-Personeelwerk ten opsigte van swart werkers is 'n aspek wat baie meer aandag sal moet verdien.-Daar is bevind dat daar op die gebied van geordende en georganiseerde opleiding nog 'n groot leemte bestaan en dat koope rasies baie kan doen om hierdie probleem die hoof te bied.-Personeelnavorsing is nog 'n aspek waarna indringend gekyk sal moet word. Waar navorsingsprojekte geloods word, kan personeelmense hulle bydrae maak deur saam te werk en inligting te verskaf.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文