已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die invloed van vogstremming tydens verskillende groeistadiums op katoenproduksie
[摘要] Afrikaans: Langdurige droogtes en beperkte waterbronne het die besproeiingsboer genoodsaak om die water tot sy beskikkingso spaarsaam moontlik te gebruik, ten einde nog steedsoptimum oeste af te haal. Die probleem het die behoeftena navorsing op hierdie gebied laat ontstaan. Proewe isonder gekontroleerde toestande uitgevoer, en daar is veral gelet op die effek van vogstremming op blaaroppervlakte, planthoogte, stamdeursnit, blaartemperatuur, koolstofdioksiedabsorpsietempo en opbrengskomponente.By die vegetatiewe groei is gevind dat In matige stremming gedurende die vyfblaar-stadium, die grootste blaaroppervlakte, hoogste plante en dikste stamme gelewer het.Gedurende die blomknop-, blom- en bolstadiums het diekontrolebehandelings die beste resultate gelewer.Wat die fisiologiese aspekte betref, het 'n stremming totgevolg dat die blaartemperatuur van In plant, in verhouding tot die lugtemperatuur, toeneem soos wat die intensiteit van die stremming verhoog. Dit gebeur selfs datdie blaartemperatuur 'n hoër waarde as die lugtemperatuurbereik. Die koolstofdioksiedabsorpsietempo verlaag met'n verhoogde stremming. Ditbereik heel dikwels 'n negatiewe waarde. Die verlaging is onder andere as gevolg van die sluiting van die stomata.Wat die reproduksie betref, het 'n matige stremming geennadelige uitwerking op die opbrengs gehad nie. Die massabeskadigde saadkatoen was die minste by 'n matige stremming. Wat die kwaliteit betref, het 'n matige stremming tot gevolg: - langer vesels, - dikker vesels, - beter eenvormigheidsverhouding, en - 'n beter rypheidsverhouding.Met hierdie inligting tot 'n boer se beskikking behoorthy beter in staat te wees om die besproeiingswater totsy beskikking, so aan te wend dat hy optimale oeste kanafhaal.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:8      统一登录查看全文      激活码登录查看全文