Persoonlikheidstrekke as keuringsveranderlikes vir doeltreffende eerste-vlak-toesighouding in die Bloemfonteinse Munisipaliteit
[摘要] Afrikaans: Die eerste-vlak-toesighouer speel 'n uiters belangrike rol in dieeffektiewe funksionering van die organisasie. As skakel tussendie gewone werkers en bestuur moet hy as aangesig-tot-aangesigleier van sy werkgroep funksioneer. Daar word algemeen aanvaardat persoonlikheidseienskappe grootliks sukses in toesighoudendeposte bepaal. Persoonlikheidstoetse word redelik algemeen metdie oog op keuring in die Suid-Afrikaanse bedryf, asook in diebuiteland aangewend. Voldoende navorsing ten einde die waardevan persoonlikheidstoetse vir keuringsdoeleindes in die SuidAfrikaansebedryf te evalueer ontbreek egter.Hierdie ondersoek was dus daarop gemik om die leemte wat in dievakgebied van die Sielkunde en die Bedryfsielkunde geidentifiseeris aan te vul. Die doel met hierdie ondersoek was die volgende:(i) Om die persoonlikheidstrekke wat tot suksesvolle toesighouding bydra te identifiseer.(ii) Om doeltreffende en minder doeltreffende eerste-vlak-toesighouers se persoonlikhede soos gemeet deur die 16-Persoonlikheidsfaktorvraelys met mekaar te vergelyk.(iii) Om 'n voorspellingstudie uit te voer wat as moontlike hulpmiddel by die keuring van eerste-vlak-toesighouers in dieBloemfonteinse munisipaliteit gebruik kan word.Die meetinstrumente wat in hierdie ondersoek gebruik is, is die16-Persoonlikheidsfaktorvraelys (16-PF) van Cattell, asook 'n beoordelingskaal. Die navorsing is by die Bloemfonteinse munisipaliteit uitgevoer. Om die voorspellingstudie uit te voer, isQaar van stapsgewyse regressie-ontleding gebruik gemaak. Metdie uitvoering van die studie het die navorser dit ook nodig gevind om 'n faktorontleding te doen. 'n Meervoudige eenrigtingvariansie-analise is gebruik om moontlike persoonlikheidsverskille tussen ioeltreffende en minder doeltreffende eerste-vlak-toesighouers te bepaal.In die literatuurverkenning is sestien persoonlikheidstrekke wattot suksesvolle toesighouding kan bydra, geidentifiseer. Diemeervoudige eenrigting-variansie-analise het egter geen statisties betekenisvolle verskille tussen bogenoemde twee groepe opgelewer nie. Die meervoudige regressie-ontleding het getoon dat'n seleksie van persoonlikheidsveranderlikes met die kriterium vandoeltreffende toesighouding wat in hierdie ondersoek gebruik is,verband hou. Die meervoudige korrelasie tussen 'n seleksie vansewe persoonlikheidsveranderlikes (skale op die 16-PF) en die kriterium was statisties beduidend, (5%-peil) groter as nul. Dieproporsie van die kriteriumvariansie wat gesamentlik deur die veranderlikes verklaar is, was egter van so 'n aard dat die voorspellingsmodel moontlik nie veel praktiese waarde sal hê nie. Teneinde te toets vir moontlike leemtes in die meervoudige regressiemodel is 'n faktor-ontleding uitgevoer. Vier faktore is uit diedata geidentifiseer. Die proporsie van die kriteriumvariansie(kommunaliteit) wat gesamerrtlik deur die vier faktore verklaar word, stem grootliks met die resultaat van die stapsgewyse meervoudige regressie-ontleding ooreen. Dit blyk dus 'n bevestigingte wees van die resultate wat uit die meervoudige regressie-ontleding verkry is.Die kriteriumverwante geldigheid van die 16-PF vir die kriteriumwat in hierdie ondersoek gebruik is, blyk verdag te wees. Daaris baie·navorsers wat soortgelyke resultate rapporteer, maar aandie anderkant is daar ook baie navorsers wat teenstrydig met dieresultate positiewe resultate rapporteer. Na die mening van dieskrywer lê die verklaring vir hierdie teenstrydige resultate daarin dat daar in die verskillende studies van verskillende kriteria enpersoonlikheidsmeetinstrumente gebruik gemaak is. Hierdie resultate beklemtoon dus die feit dat die gebruik van persoonlikheidstoetse met die oog op keuring deeglik aan navorsing onderwerp moetword voordat dit vir sodanige doel aangewend word. Aangesien geensodanige studies in die Suid-Afrikaanse literatuur opgespoor konword nie, is die skrywer van mening dat hierdie resultate 'n waarskuwing vir alle gebruikers van sodanige toetse in die Suid-Afrikaanse bedryf inhou. Met hierdie ondersoek is daar dus 'n leemtein die vakgebied van die Sielkunde en die Bedryfeielkunde geidentifiseer wat nog baie navorsing vereis.
[发布日期] [发布机构] University of the Free State
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]