已收录 273175 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die politisering van sportbetrekkinge tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland met spesiale verwysing na die 1981-Springbokrugbytoer na Nieu-Seeland
[摘要] Afrikaans: Met die politisering van dié grootste sportbyeenkoms ter wêreld, die Olimpiese Spele, was die weg beslis gebaan vir die politisering van ander kleiner sportsoorte-, byeenkomste-, organisasies en -administrasie. Hieruit is dit duidelik dat nog Suid-Afrika, nog rugbybetrekkinge tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland as geïsoleerde gevalle gesien kan word.Indien daar na 'n primêre oorsaak gesoek moet word vir die politisering van rugbybetrekkinge tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland, kan die soektog met die grootste vrymoedigheid by die begrip apartheid begin word. Sedert hierdie begrip die eerste keer bekend geword het, sou dit net 'n kwessie van tyd wees voordat die aanslag teen Suid-Afrikaanse sport tot die bevordering van politieke motiewe aangewend sou word.Met Loskopdam, die politieke waarheidsmoment in Suid-Afrikaanse sport, het ons so reg in die hande gespeel van die na-oorlogse humanistiese-getinte mens wat alles, die individue en samelewing, beoordeel in terme van hul vryheidsidealisme. As slagkrete hef hulle onder andere aan human rights en human dignity. Hierdie idealiste se standpunte is: Geen normale sport kan in 'n abnormale samelewing beoefen word nie.Alhoewel die Maori-kwessie 'n belangrike politieke-strydpunt geword het, moet die aanslag teen Suid-Afrika se binnelandse beleid en die onderwerping van die staatsbestel in Suid-Afrika deur hierdie polities, kommunisties geinspireerde agitators (terroriste) nie teen die Maori-kwessie afgespeel word nie. Die aanslag om die 1981-toer afgelas te kry, het hoofsaaklik gesentreer rondom die aktiwiteite van die anti-apartheidsorganisasies. Met die hulp van die bias en monopolistiese media het hulle geweldige druk op die Nieu-Seelandse regering geplaas om die nodige, die afstelling van die toer, namens hulle te doen. Dat die Nieu-Seelandse regering vasberade was om 1981 se algemene verkiesing te wen,het geblyk uit hulle standvastigheid deur hierdie krisis-toer van 1981.Die atmosfeer waarin die 1981-toer plaasgevind het, was alles behalwe normaal, met die onttrekking van noodsaaklike dienste deur vakbonde, die verblyf in muurbalbane voor wedstryde, die steun op privaat inwoners vir huisvesting, steun op beskerming deur feitlik die totale Nieu-Seelandsepolisiemag, met ander woorde die ontsê van demokratiese reg om sport te kan beoefen terwyl jy as gas in Nieu-Seeland is.Uit die studie moet daar 'n afleiding gemaak word dat Suid-Afrikaanse Rugby 'n baie moeilike tydperk betree - 'n tydperk waarin buitelandse toere feitlik onmoontlik is en 'n tydperk waarin die moontlikheid van oorsese toerspanne na Suid-Afrika ook nie te rooskleurig lyk nie. Die afstelling van die All Blacktoer van 1985 na Suid-Afrika, asook die vroeë afstelling van die beoogde Leeu-toer in 1986 na Suid-Afrika, staaf hierdie isolasie-afleiding.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文