'n Ondersoek na die praktiese bruikbaarheid van die aanlegprofieltoetse in die S.A. Weermag
[摘要] Afrikaans: 1. Doel van die ondersoek. In die poging om mense te klassifiseer volgens hulle aanlegte of basiese vermoens het daar verskeie indelings ontstaan. 'n Verdereindeling wat in hierdie verhandeling ondersoek is, is die teoretiese (data), kommunikatiewe (mense) en praktiese (dinge) aanleg.Sover bekend, is daar nog nie sielkundige toetse ontwikkel wat menslike hoedanighede volgens die indeling meet nie.Omdat hierdie indeling direk aansluit by die huidige posontledingstelselvan die Weermag, was die navorser van mening dat 'n ondersoek na diepraktiese bruikbaarheid van die Aanlegprofieltoetse van Prof. H.P.Langenhoven in die Weermag 'n nuttige bydrae kon lewer.2. Die aard van werk in die Weermag. Posontleding vorm die basis van enige personeelstelsel.Die Weermag se belowende stelsel is geskoei op die alombekendedata, mense en dinge konsep (Functional Job Analysis) en sluituitstekend aan by die standpunt wat Prof. Langenhoven huldig, naamlikdat alle werk verdeel kan word in data (dinkelemente), mense(interpersoonlike) en dinge (doenelemente).3. Teoretiese grondslae waaruit die Aanglegprofieltoetse ontwikkel is. In die navorsing gedoen oor die aard van algemene vermoens, aanlegteen belangstelling (Hoofstuk 2), is gevind dat vroeere navorsers reeds ophierdie basiese indeling afgestuur het. Hierdie klassifikasie hou verband met die indeling van werk invakkundige-, bestuurs- en bedryfswerk.4. Empiriese ondersoek. In hierdie gedeelte van die verhandeling is daar na die volgendeaspekte gekyk:(a) Statistiese beskrywing van die Aanlegprofieltoetse,(b) die geldigheid daarvan m.a. w. of die toetse meet wat ditveronderstel is om te meet en of dit verband hou met die soortinligting wat in die Weermag benodig word,(c) die betroubaarheid daarvan, m.a.w. of die toetse konsekwentmeet, en(d) of die toetse ekonomies is in terme van tyd, kostes en mannek~agnodig vir die administrasie daarvan.Hierdie ondersoek is gebaseer op die normberekening en -toepassingvan die toetse op 'n 800-tal dienspligtiges in Bloemfontein en verderenavorsing is gevolglik nodig om die waarde en die beste gebruik vandie toetse te verseker.Die grootste probleem waarmee die navorser te kampe gehad het, wasdie gebrek aan geldige kriteria. Opleidingspunte is nie noodwendig 'naanduiding van operasionele sukses of sukses as 'n opleidings-instrukteurnie.Die getalle waarmee gewerk moes word, was somtyds baie klein, metdie gevolg dat die resultate daardeur benadeel kon word. Deur nethierdie twee faktore te verbeter, mag die resultate heelwat verbeterword.Die belangrikste gevolgtrekkings wat uit die verwerking van diegegewens (Hoofstuk 4) verkry is, is die volgende:(i) dat die geldigheid van die toetse aanvaarbaar is. Weens diegebrek aan goeie kriterium-punte is die korrelasies laer as watgraag verkry sou wou word.Dit kan egter, soos hierbo genoem, heelwat verbeter word.(ii) die betroubaarheid van die toetse is uitstekend en ten spyte vandie klein groepies mense, is korrelasies van tot 0,90 (0, 75 dielaagste) verkry.(iii) die toetse is baie ekonomies in terme van tyd, kostes enmannekrag benodig.(iv) die toetse kan ook gebruik word: vir beroepsvoorligting, om eksamenpunte te voorspelvir die plasing van mense in die regte eenheid, vir die identifisering van leierspotensiaal.Ten slotte is die navorser van mening dat die Aanlegprofieltoetse saammet die Beroepsorientasietoets 'n nuttige bydrae kan lewer en wel indie volgende twee rigtings:(i} As 'n klassifikasie-hulpmiddel, waar die ideaal sou wees om diekenmerkende profiele van poste sowel as kandidate te bepaal endit dan teen mekaar op te weeg, en(ii) as 'n voorligtingshulpmiddel, waar daar aan dienspligtiges, watdie Weermag na twee jaar verpligte diens verlaat, die nodigeinsig ten opsigte van wat sy swak- en sterkpunte, asookbelangstelling is, gegee kan word.Meer navorsing moet egter nog hieroor gedoen word en enkele. aanbevelingsword in Hoofstuk 6 gedoen.vir die identifisering van leierspotensiaal.
[发布日期] [发布机构] University of the Free State
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]