已收录 272962 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die gesuiwerde Nasionale Party 1935-1940
[摘要] Afrikaans: Met hierdie verhandeling word gepoog om 'n uiteensetting te gee van die totstandkoming van die Gesuiwerde Nasionale Party en sy bestaan gedurende die jare 1934 en 1940. Ten einde die stigting van die Party na behore te begryp, was dit nodig om kortliks die gebeure rondom koalisie en samesmelting in 1933 en 1934 na te speur. Op die stigting van die Party het ses troebele jare gevolg, waarin daar diverse invloede op die Afrikaner en die Party ingewerk het. die eenheidsideaal wat met soveel ywer nagestreef is, het die Party steeds ontwyk. Na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het die sogenaamde Herenigde Nasionale Party of Volksparty tot stand gekom wat, hoewel nie volkome hereniging van die Afrikaner op politieke gebied gebring het nie, tog 'n nuwe era van samewerking ingelui het.Die tydperk wat deur hierdie verhandeling gedek word, is reeds sydelings in verskeie werke oor die Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis belig. Veral het M. P. A. Malan in Die Nasionale Party van Suid-Afrika en G. D. Scholtz in sy biografie van dr. N. J. van der Merwe waardevolle inligting oor die tydperk verstrek. Dit is egter getrag om veel dieper te delf. Heelwat gebeure kon slegs aan die hand van koerantberigte nagespeur word. Die Burger, Die Volksblad en die Transvaler wat as partymondstukke van die Nasionale Party gedien het, was in hierdie verband die hoofbronne waaruit stof versamel is. Daarbenewens egter is eerstehandse kennis verkry uit die private dokumenteversamelings van die E. H. Louw, E. G. Jansen, M. P. A. Malan en die kongresnotules en Nasionale Party stukke wat in die Instituut vir Eietydse Geskiedenis aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat bewaar word. Die N. J. van der Merwe-versameling in die Vrystaatse Argief was van buitengewone belang, maar ongelukkig was die privaat-versameling van genl. J. B. M. Hertzog en dr. D. F. Malan nie vir navorsing beskikbaar nie.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文