已收录 272929 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
'n Ondersoek na wangebruik van geneesmiddels by bejaardes te Bloemfontein: 'n verpleegkundige studie.
[摘要] Afrikaans: Slot: Die navorsingsbevindings word ten slotte aan die hand van dievolgende beskrywing saamgevat: Die gemiddelde bejaarde persoon te Bloemfontein wat voorgeskrewegeneesmiddels gebruik, kan beskryf word as 'n 70-jarige dame wathaar geneesmiddels slegs by die polikliniek by die NasionaleHospitaal ontvang. Sy is self verantwoordelik vir die neem vanhaar geneesmiddels, maar neem egter nie al haar geneesmiddelskorrek volgens voorskrif nie, want sy maak slegs op haar geheuestaat en vergeet soms om dit te neem. Ander geneesmiddelsbeskou sy weer as onnodig om gereeld te neem en sommige veroorsaakreaksies indien dit gereeld gebruik word. In verband met laasvan die geneesmiddels is in onbruik omdat die geneesheer ditgestaak het of die simptome verdwyn het. Sy is van plan om diegeneesmiddels wat in onbruik is terug te neem na die polikliniek.Verder hou sy nie die geneesmiddels in die oorspronklike pakkiesnie omdat die pakkies breek en sy dit geriefliker vind as diegeneesmiddels in botteltjies is. Sy plaas dit in afsonderlikehouertjies maar bring nie etikette op almal aan nie omdat sy diegeneesmiddels goed ken en tog net volgens die voorkoms onderskeiomdat die naam niksseggend is. Ongelukkig kan sy nie goedsien nie, want sy moet 'n nuwe bril kry. Laasgenoemde veroorsaakdat dit soms moeilik is om die geneesmiddels van mekaar teonderskei. Sy sal nooit van haar geneesmiddels aan iemand anders gee nie omdat sy dit as gevaarlik beskou. Wat die geneeshere aanbetref, verkies sy om elke keer by dieselfde geneesheer 'nafspraak te kry omdat sy voel dat hy haar dan leer ken enverstaan. Laastens verlang sy van 'n geneesheer om vriendelikte wees, opregte belangstelling te toon, deeglik te wees in sywerk en haar eerlik mee te deel wat fout is.Volgens die bevindings van die ondersoek is die wangebruik vangeneesmiddels wel 'n probleem by die bejaardes te Bloemfontein.Hierdie ondersoek was, soos reeds bespreek, daarop gerig om dieomvang van die probleem en die oorsake daarvan te bepaal. 'nVerdere studie en ondersoek word egter benodig in verband met diewyse waarop voorligting aan die bejaarde gegee moet word en die metodes wat aan die bejaarde gedemonstreer kan word om hulle instaat te stel om die geneesmiddels korrek te neem.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文