The crisis of the nation-state: an evaluation and reconstruction of the perspectives of Alvin Toffler
[摘要] Afrikaans: Gedurende die era 1960 en 1970 het Toffler 'n toekomsblik in sy studiesgegee wat die wereld geskud het Wat eers ondenkbaar was, het nou 'nrealiteit geword. Soos die rnensdom die nuwe millenium betree, word hulledaagliks gekonfronteer met die verwesenliking van die nasiestaat seonvermoe om geldige oplossings vir transnasionale strydvrae te vind.Daaronder ressorteer strydvrae rondom oorbevolking, die omgewingskrisis,inheemse siektes soos HIV-Vigs, besoedeling, terrorisme, onbeheerdemisdaad, globale mafia's, transnasionale religieuse bewegings, die opkomsvan multinasionale korporasies en die gebruik van privatesekuriteitsorganisasies om landsburgers en staatsbelange te beskerm. Dienasiestaat is nie ten voile toegerus om al hierdie globale problerne te hanteernie. Met die nasiestaat wat in 'n krisis verkeer, bied Toffler 'n vensterblik opdie toekoms, veral ten opsigte van die moontlike politieke omgewing in die21 ste eeu, wat gebuk gaan onder talle globale problerne. Die verskuiwing vandie Tweede Golf industriele beskawing na die Derde Golf post-industrielebeskawing is nie bestem om vreedsaam te ontwikkel nie. Die reaksioniste vandie Tweede Golf (hedgehogs) wil die bestaande politieke orde in 'n industrielesamelewing handhaaf, terwyl die rewolusioniste (foxes) die radikale opsie vandie Derde Golf verkies en sodoende die Tweede Golf as uitgedien beskou.Die mensdom is tans besig om die fase van die meesterkonflik tussen dietwee beskawings te betree. Toffler se bydrae is gerig op die voorsiening van'n toekomsvisie met die doe! om die verskuiwing na die volgende beskawingte fasiliteer sodat dit vreedesaam en rasioneel kan geskied.Die volgende faktore het as motivering vir die studie gedien:> Die relevansie van Toffler se bydrae soos wat die mensdom die 21 ste eeubetree.> Toffler is 'n internasionale erkende scenario denker en bied 'n alternatieweperspektief op die nasiestaat se toekoms.>Daar is 'n leemte in die bestaande komtemporere literatuμr veral metbetrekking tot die rekonstruksie en evaluering van Toffler se bydrae metspesifieke verwysing na die krisis van die nasiestaat.>Om die probleem van staatsmag in 'n inligtinggebaseerde,rekenaargedrewe samelewing aan te spreek.> Om die omvang van parameters van die stryd tussen dje industrieleTweede Golf elite en die postindustriele Derdegolf-elite vir beheer oor magin die Derdegblfbeskawing, te verken.Die studie poog om 'n bydrae ten opsige van die volgende te maak:> Die ontwikkeling van 'n metateoretiese raamwerk waarvolgens Toffler sebydrae gerekonstrueer en geevalueer kan word.>Om Toffler se status en posisie in die geidentifiseerde studieveld tebepaal.> Om Toffler se bydrae met betrekking tot die toekoms van die nasiestaat terekonstrueer en te evalueer deur die metateoretiese raamwerk as ontwerpvir die doe! van die studie toe te pas.> Die rol en invloed van kennis as 'n veranderlike wat die mag van dienasiestaat kan beinvloed, moet verken word, aangesien die resultaatdaarvan die mens in sy holistiese benadering kan beinvloed.> 'n Beoordeling van Toffler se bydrae met betrekking tot fundamentelepolitieke ontwikkeling en politieke verandering rakende die evolusionereontwikkeling van die nasiestaat.> Klem sal gele word op Toffer te bydrae met betrekking tot die kontinuiteitvan die nasiestaat, naamlik die formasie, huidige status, krisis en toekomsvan die nasiestaat.'n Evaluasie en intepretasie van Toffler se werk het gelei tot die volgendebevindinge:>Toffler het 'n golfmodel ontwikkel wat die evolusionere sosialiseringsprosesvan die mensdom in drie universele beskawingsgolwe verdeel het, naamlikdie Eerste Golf agrariese beskawing, die Tweede Golf industrielebeskawing en die Derde Golf post-industriele beskawing.>Toffler het ook naas die golfmodel, 'n magsteorie ontwikkel watveronderstel dat wanneer een universele beskawingsgolf vervang worddeur 'n ander, 'n magsverskuiwing plaasvind wat die onderfiggende kode ofparadigma transformeer.>Soos wat die mensdom die Derdegolfbeskawing betree, moefdaar 'n nuwebloudruk of kode ontwerp word wat ook uniek is aan die Derde Golf.> Die rewolusionere verandering na 'n nuwe wereldorde het die resultaat dat'n meesterkonflik tussen die reaksioniste van die Tweede Golf(hedgehogs) en die rewolusioniste van die Derde Golf (foxes) die gevolgsalwees.> Toffler het die Derde Golf as 'n logiese scenario gekies en het ook 'nprofiel van die Derde Golf politieke bedeling geskets.> Toffler se werk bied 'n alternatiewe siening van die toekoms wat dieargitekte van die Derde Golf kan aanwend om die nuwe wereldorde teskep.> Toffler het nie net die wyse waarop die mens die wereld beskou nie, maarook sy eie akademiese denke vernuwe. In sy keuse van 'nonkonvensionele alternatiewe toekomstige wereldbeeld het hy ook 'nverandering weg van sy Marxistiese agtergrond ondergaan en het hy alsterker na fenomenologiese denke wat diep gewortel is in die Duitsetradisie, beweeg.In die voetspore van die meesterkonflik waarin die Tweede- en dieDerdegolfbeskawings 'n stryd voer vir die beheer oor die toekoms, erkenToffler die mens se wanordelike bestaan. In plaas daarvan om die scenario teondersteun wat voorspel dat die wereld in 'ri spiraal na vemietiging sal lei, biedhy 'n bloudruk waarin die radikale verandering wat die mens beinvloed, beterverstaan word. Die fokuspunt van hierdie verhandeling is Toffler se sieningvan die krisis waarin die nasiestaat verkeer em waarin die mens 'n wanordeJikeoorgangsraamwerk ervaar. Vanuit hierdie grondslag dien Toffler se ) ydrae is'n instrument wat die mens in staat sal stel om die oorgangsperiode· na dieDerde Golf beter te verstaan. Volgens Toffler sal die huidige oorllangsperiodevan konflik soos deur die mens tans ervaar word, opgevolg word deur 'nperiode van ekWilibrium waarin 'n nuwe politieke bedeling 'n nuwe wereldradikaal verskillend van die vorige, sal bied. Sy bydrae sal die mens in staatstel om die stormagtige krisis in die oorgangsperiode te bowe te kom en omdie korrekte besluite te neem wat sal kulmineer in die skepping van 'n nuweDerde Golf van Beskawing.
[发布日期] [发布机构] University of the Free State
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]