已收录 268920 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Temperatuurstudie van die Oranjeriviergebied met die oog op gewasverbouing
[摘要] Daar is ondersoek ingestel in dié deel van die Republiek van Suid-Afrika wat begrens word deur die breedtegrade 26.5 en 32, en die oosterlengtegraad30 en die weskus, na die geskiktheid van temperatuurtoestande vir dieverbouing van die volgende vrugtesoorte en gewasse: sultanas; appelkose; pere;perskes; appels; koring; rys; katoen; lusern; aartappels; suïkermieHes; tamatiesen groente,Die temperatuurbehoeftes van die verskillende vrugtesoorte en gewasseis verkry uit die beskikbare literatuur. Temperatuurdata van 127 weerstasi.esis gebruik vir die opstel van isotermkaarte van die ondersoekgeb ied, Die delewaar die temperatuur aan die vereistes van die verskillende vrugtesoorte engewasse voldoen, is met behulp van die isotermkaarte uitgeken en gekarteer.Die gemiddelde maandelikse temperature is in alle gevalle as maatstaf vir diemate van aanpassing gebruik. Waar nodig, is die gemiddelde maandel ikse minimumen maksimum temperature, die seisoensgemiddeldes en die gemiddeldevoorkoms van skadelike uiterste maksimum en minimum temperature ook in aanmerkinggeneem.Die temperatuur van die ondersoekgebied wissel van baie warm in diewestelike en noordwestelike binneland, tot koel in die berggebïede van die suidoostelikeKaapprovinsie, Lesotho en die oostelike Oranje-Vrystaat, In teenstellingmet die groot jaarlikse en daaglikse temperatuurwisselinge van die binneland,is die temperatuur van die kusgebiede besonder gelykmatig, Die ooskusgebiedondervind subtropiese toestande terwyl die weskus koel-gematig is. As gevolgvan die uiteenlopende temperatuurtoestande, is die ondersoekgebied geskik vir'n groot verskeidenheid vrugtesoorte en gewasse.In die koeloostelike en sentrale Oranje-Vrystaat en die berggebiedevan die suidelike Kaapprovinsie is die wintertemperature laag genoeg om diekouebehoeftes van die meeste bladwisselende vrugtebome, bv. appelkose, pere,perskes en appels te bevredig. Lae minimum temperature tydens die lente kanskade by vroeë cultivars van dié vrugsoorte veroor saak, Die koudste dele isveral geskik vir appels, wat laat blom en goed aard onder koel somertoestande.Laat winterkoring kan met welslae in die oostelike en sentrale Oranje-Vrystaat en die hoogliggende dele van die suidelike Kaapprovins ie verbou word.Hierdie gebiede is ook geskik vir someraanplantings van koelweergewasse. Sulkeaanplantings is selde onderhewig aan uiterste hoë of lae temperature. Die Oos-Vrystaat is om hierdie rede veral baie geskik vir die verbouing van somerkoringen aartappels.Die noordwestelike Vrystaat en die Kaapprovinsie, in die omgewingvan die samevloei van die Vaal- en Oranjeriviere, kan as 'n oorgangsgebied vandie koel sutdoostel.ike hooglande tot die warm Noordweste beskou word, Omhierdie rede is dit 'n marginale verbouingsgebied vir 'n groot aantal gewasse.Dit is egter baie geskik vir die verbouing van sultanas, lusern en tamaties.Die noordwestelike en westelike binneland is warm, en toestande isdaar gunstig vir die verbouing van hitteliewende gewasse, bVDrys, suikerrntelte s,katoen, sultanas en lusern. Die besondere hoë temperature van die benede-Oranjevallei is selfs vir gewasse soos lusern en sultanas ongunstig.Die gematigde temperatuur van die weskusgebied is gunstig vir diemeeste koelweergewasse. Die wintertemperature is egter te hoog vir bladwisselendevrugte, Ryp kom selde voor en tamaties en aartappels kan dwarsdeur die wintergeplant word. Die benede-Oranjevallei, die omgewing van Klawer en die ooskusgebiedis om dieselfde rede geskik vir winteraanplantings van aartappels entamaties, Laasgenoemde twee gebiede Is ook baie geskik vir lusernverbouing.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:8      统一登录查看全文      激活码登录查看全文