已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die verband tussen organisasiekultuur en werkstevredenheid onder die personeel van 'n vervaardigingsorganisasie
[摘要] Afrikaans: In die Suid-Afrikaanse konteks kan die doelmatige en doeltreffende bestuur enbenutting van die mannekraghulpbron nie oorbeklemtoon word nie. Suid-Afrika gaanmank aan geskoolde en professionele mannekrag en word daarbenewens deur 'n laeproduktiwiteitsratio gekenmerk. Omrede Menslike Hulpbronbestuur 'n sleutel tot 'nsuksesvolle ommeswaai in hierdie verband is, behoort dit 'n regmagtige plek in dieondernemingsbestuur toegestaan te word.Elke organisasie beskik oor sy eie individualiteit wat dit van ander orgarusasiesonderskei, dit is die resultaat van die interaksies tussen lede van die organisasie aimdie eenkant, en die eksterne omgewingsfaktore aan die anderkant t:n hierdie uniekheidvan die organisasie veroorsaak dat die gedrag van beide die werknemers en bestuurverskillend beïnvloed word. Op die lange duur voorsien die organisasie se kultuur 'ngeldige basis vir die voorspelling van 'n organisasie se sukses.Die vraag van tot in watter mate organisasiekultuur belangrik is word soos volgbeantwoord. 'n Belangrike meting van organisasiekultuur, is die mate waartoe ditverband hou met werknemertevredenheid. Dit moet in gedagte gehou word dat 'nindividue reageer op hul interpretasie van die werklikheid en nie op die werklikheidself nie. 'n Persoon se persepsie speel dus 'n belangrike rol in werkstevredenheid. HoeIn persoon homself en die situasie beskou, beïnvloed sy gedrag en funksionering.Werk moet bevredigend en betekenisvol vir die werkers wees, aangesien persone diebehoefte het aan uitdaging, stimulering en konflik wat van tyd tot tyd voorkom. Vandie sleutel eienskappe wat die werknemer se prestasie en werkstevredenheidbeïnvloed, is die graad van uitdaging, verskeidenheid, outonomie, verskaffing vangereelde en akkurate terugvoering, gunstige werkstoestande, billike belonings enbevorderingstelsels, asook ondersteunende toesighouding. 'n Ongepasteorganisasiekultuur is verantwoordelik vir 'n organisasie se onvermoë om suksesvol bysy omgewing aan te pas asook 'n groot struikelblok tot die verbetering van 'norganisasie se prestasie en bereiking van gestelde doelwitte. Die doel van hierdie studie was om vas te stelof daar verbande bestaan tussenorganisasiekultuur en werktevredenheid asook om vas te stel wat die oorheersendeorgansasiekultuur is in die drie fabrieke en om vas te stelof die werknernrswerkstevredenheid of ontevredenheid ervaar.In die literatuur is aandag geskenk aan die belangrikste teoretiese kontrukte wat inhierdie studie betrek is, naamlik organisasiekultuur en werkstevredenheid. Ten opsigtevan elk van die konstrukte is gelet op die aard en omskrywing daarvan, die teorieë endimensies aangaande die bepaalde konstrukte en die invloed van die konstrukte opwerkstevredenheid.In die empiriese gedeelte is gefokus op die seleksie van respondente en die insamelingvan gegewens met behulp van die volgende instrumente, naamlik die Organsisasiekultuur - Diagnose vraelys en die Minnisota Tevredenheidsvraelys.Die statistiese tegnieke wat aangewend is, is die ANOVA en MANOVA asook diePearsonprodukmomentkorrelasie. Die ANOVA en MANOVA is gebruik om dieverskille te bepaal ten opsigte van die organisasiekultuur en werkstevredenheidsdimensies,asook om die rigting van die verskille aan te dui deur die Scheffe toets. DiePearson - Produkmomentkorrelasie is gedoen om verbande vas te stel ten opsigte vangenoemde dimensies.Die oorhoofse gevolgtrekking van hierdie studie is dat daar wel statisties beduidendeverbande bestaan ten opsigte van organisasiekultuur en die dimensies vanwerkstevredenheid en dat die oorhoofse organisasiekultuur in al drie fabrieke asMagskuituur uitgewys is en dat die fabrieke algehele werksontevredenheid ervaar.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:6      统一登录查看全文      激活码登录查看全文