已收录 268919 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
n Ondersoek na sekere aspekte van grondsterkte in gronde van die Manganoserie
[摘要] Afrikaans: 'n Ondersoek is op die gronde van die Manganoserie uitgevoer om vas te stel tot watter mate verandering in grondsterkte In invloed op wortelontwikkeling en plantegroei het. In Veldondersoek het getoon dat verskeie lae van hoë grondsterkte, wat vertikale wortelontwikkeling beperk, in die profiel identifiseer kan word. Hierdie lae is omskryf en gedefinieer onder twee hoofgroepe nl. ploeglaagverdigting, waarvan twee tipes onderskei is, en subploeglaagverdigting .. Standaardkurwes is vir die verband tussen grondsterkte en volumedigtheid by verskillende vogspannings en die verband tussen grondsterkte en grondvog by verskillende volumedigthede opgestel vir drie verskillende monsters van die Hanganoserie. Dit het getoon dat die grondsterkte by In spesifi.eke volumedigthede en veldwaterkapasiteit afneem met In toename in klei-inhoud en toeneem met In toename in die fynsandfraksie. Die onderlinge invloed van die drie veranderlikes is saamgevat deur In meervoudige regressievergelyking af te lei. Kritiese volumedigthede en grondvoggrense is afgelei. Die invloed van gronds terkte op ,.o.r.tel- en plantontwikkeling is aan die hand van twee potproewe met koring en katoen ondersoek. In Tegniek is ontwikkel waarvolgens die potproewe by konstante grondvog, grondsterkte en voldoende deurlugting uitgevoer kon word. In Toename in grondsterkte het In afname in wortellengte by koring en penwortellengte by katoen tot gevolg gehad. Gevolglik het die volume grond, wat deur die wortels benut is, afgeneem met In toename in grondsterkte. Met In toename in grondsterkte het worteldeursnit toegeneem en sekondêre wortelontwikkeling afgeneem, met In gevolglike afname in aktiewe sorpsie-oppervlakte en worteldoeltreffendheid. As gevolg hiervan is In afname in K-, Ca- en P-konsentrasies en -opname in die bogrondse dele, sowel as In afname in bogrondse plantmassa met toename in grondsterkte by koring waargeneem. By katoen het slegs P-konsentrasie en -opname afgeneem met toename in grondsterkte. Die graad van verdigting veroorsaak deur besproeiingspraktyke was heelwat laer as die veldwaardes. Vertikale druk deur implemente het meer verdigting veroorsaak, maar was sterk afhanklik van die grondvogpeil waarby die druk toegepas is. Daar is gevind dat die grondsterkte van die bogrond 'n invloed het op die grondsterkte van die ondergrond.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:8      统一登录查看全文      激活码登录查看全文