Cultural congruent nursing care of black patients in the maternity section of public hospitals in Bloemfontein
[摘要] Afrikaans: Die inwoners van die Republiek van Suid-Afrika is vanaf verskeie kulture afkomstig en toon 'n multikulturele aard. Die gesondheidsorg wat in alle gesondheidsorginstansies gelewer word, is op die westerse gesondheidsorgmodel geskoei. Die westerse gesondheidsorgmodel sluit geen kulturele gesondheidsbehoeftes, soos geopenbaar deur Afrika-etnosentriese bevolkings, in nie. Kulturele konflik en wanbegrip wat gekenmerk word deur geen samewerking tussen pasiënte en praktisyns, die nienakoming van die sorgplan deur pasiënte en die stereotipering van pasiënte deur verpleegkundiges, kom algemeen tussen pasiënte en gesondheidsorg praktisyns . Die doel van die studie was om vas te stelof vroedvroue oor die nodige kennis beskik rakende en sensitief is vir die kulturele gesondheidsbehoeftes van swanger- en lakterende vroue wanneer verpleegsorg verleen word. Die navorsingsontwerp is nie-eksperimenteel met 'n beskrywende en verkennende aard. Die opnaine-metode is gebruik om die data mee in te samel. Die volgende navorsingstegnieke is gebruik: 'n vraelys is deur die verpleegkundiges voltooi; 'n gestruktureerde onderhoud is met die moeders gevoer en die nodige gesondheidsorgdokumente (beleide en verpleegsorgverslae) is geouditeer. Die verwerking van alle oop-einde vrae is volgens die metode soos deur Tesch beskryf, gedoen. Alle data is op die nominale beskrywende vlak geanaliseer. Die resultate toon dat daar geen verband bestaan tussen kennis oor verpleegsorgpraktyke rakende kultuur-kongruente verpleging en die verpleegsorg wat pasiënte verwag en kry. Hierdie tendens word ook in die gesondheidsorgdokumente vergestalt daar kultuur-kongruente verpleegsorg nie onderskryf word nie en ook nie aangeteken word nie.
[发布日期] [发布机构] University of the Free State
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]