已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Ontslag van maatskappydirekteure in die Suid-Afrikaanse reg
[摘要] Afrikaans: Daar bestaan heelwat onsekerhede aangaande die ontslag vanmaatskappydirekteure in die Suid-Afrikaanse reg. Hierdie onsekerhedespruit hoofsaaklik voort uit die gebrek aan 'n konsekwenteonderskeid tussen die verskillende hoedanighede waarin'n enkele persoon teenoor die maatskappy kan staan en dié waarinhy kan staan teenoor ander individue wat by die intrakorporatieweverhoudingstruktuur betrokke is. 'n Faktor wat gewis'n verdere verwarrende invloed het, is die feit dat daar aan 'nbegrip soos besturende direkteur tans geen vaste regsinhoudgekoppel kan word nie. Juis daarom word die regsposisie vandie direkteur en besturende direkteur in die besonder oorweegen word daar gewys op aspekte soos die begripsverwarring tussendie Engelse en Suid-Afrikaanse reg, probleme ten opsigte vandie onderskeid tussen werknemerskap, direkteurskap en besturendedirekteurskap, en word die nie-kontraktuele verhouding tussendie direkteur en die maatskappyook oorweeg.As gevolg van ontslag kan daar in sekere gevalle 'n reg op skadeloosstellingof skadevergoeding bestaan. Alhoewel die grondslagvan die reg op skadevergoeding nie al tyd konsekwent verklaarword nie, kan die aanwending van gewone kontraktuele beginsels'n belangrike rol speel in die oplossing van bestaandeprobleme rondom die reg op skadevergoeding. Indien kontraktuelebeginsels suiwer toegepas word en die besondere posisiewaarin die direkteur hom bevind, in ag geneem word is daargeen klaarblyklike rede waarom die ontwikkeling op hierdie gebiednie op 'n behoorlike beginselgrondslag geplaas kan wordnie. Faktore wat egter ongetwyfeld in samehang met die kontraktueleoorwegings beskou moet word, is onder andere dat ontslagingevolge bepalings in die maatskappykonstitusie of ingevolgedie statutêre middel kan geskied, dat die reg op skadevergoedingdie direkteur in bepaalde gevalle ontneem kan worden dat daar besondere oorwegings ter sprake kan kom in die gevalvan die besturende direkteur met 'n dienskontrak.Alhoewel die ontslag van direkteure 'n aangeleentheid is watvolledig in die maatskappykonstitusie gereël kan word, is 'nstatutêre middel steeds nodig om die lede in die finale instansiebeheer te gee oor die bestuur van die maatskappy.Enige statutêre middel wat die beskerming van die lede as oogmerkhet en wat hierdie oogmerk wil bereik deur voorsieningdaarvoor te maak dat 'n direkteur wat nie meer die belange vandie maatskappy (en daarmee saam ook nie die belange van dielede nie) op die hart dra nie, ontslaanbaar moet wees, moet vir'n verskeidenheid van gevalle voorsiening maak.Die huidige statutêre middel wat ontslag van maatskappydirekteurein die Suid-Afrikaanse reg reël (art 220 van die Maatskappywet61 van 1973), voldoen wel aan sommige van die vereistes wat nodig is om gevolg aan die ware oogmerk van so 'n middelte gee. Daar bestaan egter ook heelwat leemtes wat vandaggebruik word en ook somtyds misbruik word om direkteure onontslaanbaarte maak. Hierdie gevalle het hoofsaaklik betrekkingop ooreenkomste tussen die maatskappy en 'n derde, die feit datlangtermynkontrakte van direkteure nie noodwendig deur die algemenevergadering goedgekeur hoef te word nie en dat daar geenduidelikheid in die Suid-Afrikaanse reg bestaan oor die vraagof 'n belading van stemme wat net by ontslag-besluite tersprake kom, geldig is nie. Gevolglik word wetswysigings voorgestelomhierdie leemtes uit die weg te ruim.Selfs al word die voorgestelde wetswysiging deurgevoer, sal gevallevan ex lege-beskerming teen ontslag steeds behoue bly(onder andere deur die ontslagprosedure soos vervat in die statutêre reëling en deur die feit dat die te ontslane direkteurdie maatskappy met likwidasie ingevolge art 344(h) van die Wetkan dreig). Daar sal ook steeds maatreëls bestaan waardeurontslag voorkom kan word (onder andere deur die aangaan vanstemooreenkomste). Die ex lege-beskerming teen ontslag enmaatreëls ter voorkoming van ontslag wat dan nog bestaan, salegter ongetwyfeld wettig en geregverdig wees.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:5      统一登录查看全文      激活码登录查看全文