Die staatsfilosofie grondslae van die Suid-Afrikaanse staatkunde sedert 1910
[摘要] Afrikaans: Ons toeleg is 'n ondersoek na die religieus-verankerde staatsfilosofiese rigtings wat sedert1910 beslissend was in die Suid-Afrikaanse staatkunde. Hierdie denkrigtings het in belangrikewetgewing nie onbetuig gebly nie en is daarin én in die betrokke debatte na te speur.Die staatsfilosofiese grondslae wat die Suid-Afrikaanse staatkunde met betrekking totsekere wetgewing beinvloed het, is ook kenbaar in die uiteenlopende stellingname van bepaaldepolitieke partye. Ook dááruit sal die hoofrigtings afgesonder en getipeer word.Om die omvang te beperk, word slegs vyf onderwerpe as ondersoekveld gekies en diestaatsfilosofiese beginsels wat daaraanten grondslag lê, ontleed.Ten einde die staatsfilosofiese grondslae van die Suid-Afrikaanse staatkunde bloot telê, moet ons vooraf rekenskap gee van die religieus-bepaalde staatsfilosofiese grondslae watvanuit Wes-Europa sedert 1652 na Suid-Afrika oorgedra is - as deel van die Westerse beskawing- én wat ons denke hier te lande sedertdien beheers het. 'n Historiese oorsig vandie religieus-bepaalde staatsfilosofiese denkrigtings vóór 1910 word dus vooraf aan die ordegestel.
[发布日期] [发布机构] University of the Free State
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]