已收录 270279 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die beroepsverwagtings en -oriëntering van senior leerlinge in Qwaqwa
[摘要] Afrikaans: 'n Literatuurstudie sowel as 'n empiriese ondersoek in Qwaqwais gedoen om vas te stel of:- daar 'n verband bestaan tussen die beroepsverwagting vanleerlinge en hul kennis aangaande die beroepswêreld,- daar 'n verband bestaan tussen die invloede van buite endie beroepsverwagtings van leerlinge,- daar 'n verband bestaan tussen die voorkeure van leerlingeten opsigte van praktiese-, kommunikatiewe- en teoretieseberoepe en hul beroepskeuse.Skoolvoorligting is sedert 1981 in Qwaqwa en ook landwyd indie skole vir Swartes ingestel. Die vrees bestaan dat skoolvoorligting dieselfde pad sal loop as wat in so baie landedie geval is, naamlik dat die voorligtingperiode uiteindelik'n minderwaardige plek sal moet inneem naas die ander eksamineerbare skoolvakke.Vir die bedryfsielkundige is veral die beroepsvoorligtinggedeelte van skoolvoorligting van belang omdat die geleentheid hier beskikbaar is om met die toekomstige mannekragkontak te maak. Velerlei van die probleme wat in die bedryfmet werknemers ondervind word, kon uitgeskakel gewees het,indien voldoende beroepsvoorligting vroegtydig gegee was.Die teleurstelling van die werknemer in 'n sekere beroep isdikwels baie groot en dit nadat daar vir hom geen kans totterugkeer is nie.Die onrealistiese beroepsverwagtings van leerlinge dui daaropdat menige leerling wel teleurgesteld anderkant sal uitkom.Verskeie faktore beïnvloed die realisme van hul beroepsverwagtings soos die gemeenskap waarbinne hulle hul bevind,die ouerhuis, geslag, portuurgroep, verwagte loonskale, dieskool, die onderwyser en die kommunikasiemedia. Die beroepsvoorligter moet nie slegs hierdie faktore in aanmerking neemnie, hy moet hulle nuttig aanwend sodat beroepsvoorligtinguiteindelik kan deurbreek tot beroepsoriëntasie.·Die beste metode waardeur beroepsoriëntering kan plaasvind,is om aan die leerling voldoende kennis te verskaf sodat hyin staat sal wees om self 'n realistiese besluit te neem.Omdat die leerling se vakkeuses vroegtydig reg geneem moetword, word aanbeveel dat die leerling 'n aantal voorlopigeen korttermynkeuses sal maak wat minstens die rigting kanaandui van sy toekomstige beroep. Namate die leerling ouerword en sy kennis vermeerder, kan hierdie keuse verfyn word.Hierdie metode word in Denemarke gevolg.In Qwaqwa is gevind dat die kennis van leerlinge oor die hoëprofessionele beroepe relatief swak was, nieteenstaande diehoë verwagtings wat hulle van hierdie beroepe koester. Selfsdie leerlinge wat mediese dokter wou word se kennis van dieberoep mediese dokter was swakker as hul gemiddelde kennisvan drie beroepe. Die kennis van die beroep onderwyser isrealisties vir die huidige, maar onrealisties vir die toekoms omdat die huidige situasie in Qwaqwa nie ooreenstem met die vereistes wat vir die onderwysberoep gestel word nie.Die beroepsverwagtings van leerlinge in Qwaqwa hou nierealisties tred met die werksgeleenthede beskikbaar nie.'n Groot teenkanting bestaan steeds teen tegniese beroepe.Beroepsvoorligting kan tesame met die beroepsoriënteringsentrum reeds op skool 'n bydrae lewer om leerlinge realisties te orïenteer.Die empiriese studie het ook aangetoon dat daar wel 'n verband bestaan tussen die voorkeure van leerlinge ten opsigtevan praktiese-, kommunikatiewe- en teoretiese beroepe.Hierdie beroepsindeling kan nuttig gebruik, word in dieaanbieding van beroepsvoorligting.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:5      统一登录查看全文      激活码登录查看全文