Die transpirasie van 'n aantal Karoobossoorte
[摘要] Afrikaans: Die Karoobossies speel 'n belangrike rol asdierevoedsel in die Karoogebied en tree ook op as indringerplantena die noorde en die ooste. Aangesienhierdie unieke dwergstruike meesalonder droogtetoestandegroei en water n beperkende faktor is, is besluit om'n studie te maak van die transpirasie van 'n aantalbossiesoorte. Hierdeur kan 'n bydrae gelewer word totdie fisiologies-ekologiese kennis van hierdie gebied.'n Oorsig word gegee van die verskillende transpirasiebepalingsmetodes.Dit blyk dat die Momenteleweegmetode van Stocker die mees praktiese metode isom die transpirasie van Karoobossies onder veldtoestandete meet. Die vernaamste beswaar teen hierdie metodeis die feit dat van afgesnyde plantdele gebruik gemaakword. 'n Kritiese beskouing van die metode, die proefterreinen die proefmateriaal, oorbrug hierdie beswaarin 'n groot mate.Die proefterrein is geleë aan die voet van'n reeks dolerietrante en bestaan uit 'n uniforme bossiebedekking.Die Karoobossies is houtagtige xeromorfedwergstruike. 'n Beskrywing word gegee van die blare,stingels en wortels van die bossies. Die suigkragvan die wortels van 'n aantal bossiesoorte is bepaal.Dit blyk dat die stadige transpireerders hoër suigkragtehet as die vinnige transpireerders. Gereelde waarnemingsvan die fenologiese stadium waarin die bossiesverkeer, is gemaak. Dit blyk dat hul aktiefste groeiin die herfs en in die winter plaasvind, terwyl diemeeste bossies in die voorsomer blom.Gegewens oor die verloop van die vernaamsteklimatologiese faktore gedurende die proeftydperk,asook vir die dae waarop die transpirasiobepalings uitgevoeris, is verskaf.Proewe is met Medicago sativa uitgevoer teneinde die waterhuishouding van n mesomorfe plant metdié van die Karoobossies te vergelyk.1. Na afsnyding van die takkies neem die waterverliestempovan M. sativa heelwat gouer af, as wat ditin die geval met die afgesnyde bossietakkies was.2. In albei gevalle neem die transpirasietempo skerptoe in die oggend. Die bossies se transpirasieneem egter gou weer af, wat waarskynlik toegeskryfkan word aan die vroeë sluiting van die stomata.3. Phymaspermum parvifolium en Lycium arenicolumse maksimum transpirasiewaardes verskil nie veelvan die maksimum waarde van M. sativa nie. Hierdiegegewens bevestig die bevindinge van vorigenavorsers dat, onder gunstige grondvogtoestande,xeromorfe plante net so vinnig kan transpireeras mesomorfe plante.Die verloop van die waterverlies van afgesnydebossietakkies is gemeet en die volgende gevolgtrekkingsis uit die resultate gemaak:1. By lae grondvogtoestande neem die transpirasiebaie gouer af as by hoër grondvogtoestande.2. Aanvanklik het stomatêre transpirasie plaasgevind,maar nadat die stomata hidroaktief gesluithet, vind slegs kutikulêre transpirasie plaas.3. Oor die algemeen sal dit veilig wees om dietranspirasie van afgesnyde takkies binne tienminute na die afsnyding te bepaal.'n Eksperiment is met Pentzia incana uitgevoer,waarin die transpirasie gedurende die loop van ndag in vyfvoud bepaal is. Die resultaat het daaropgedui dat betroubare transpirasiewaardes verkry souword, indien slegs een bepaling per tydstip per bossiesoort gedurende die loop van 'n dag uitgevoer sou word.Die transpirasie en die relatiewe turgessensievan Penzia incana en pteronia tricephala is gelyktydiggedurende die loop van twee dae bepaal. Dit blyk datdie transpirasie en die relatiewe turgessensie teenoorgesteldeneigings vertoon en ook in 'n groot mate diehidratuur van die plant beheer.Die verloop van die transpirasie van agtKaroobossoorte is gelyktydig gedurende 'n dag in die somer, 'n dag in die herfs,'n dag in die winter en 'n dag in die voorsomer bepaal. Die volgende inligting is uit die resultate verkry:1. Die maksimum transpirasiewaardes van Phymaspermumpermum parvifolium en Lycium arenicolum is oordie algemeen hoër as die ander bossiesoorte s'n.2. Die stadig transpirerende bossies se wortelshet skynbaar laer suigkragte as die wortels vanP. parvifolium en L. arenicolum.3. Die daaglikse transpirasiekurwes volg waarskynlikdieselfde neiging as die daaglikse evaporasiekurwes,maar wyk dikwels af van die evaporasiekurwea.g.v. interne watertekorte en die werking vandie stomata.4. Met sonop neem die transpirasie skerp toe enbereik gewoonlik gedurende die oggend 'n maksimumwaarde, waarna die transpirasie weer afneem. Indie namiddag kom daar dikwels 'n toename in dietranspirasie voor, maar neem dan later in diemiddag saam met die evaporasie af.
[发布日期] [发布机构] University of the Free State
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]