已收录 273170 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die spanbenadering binne 'n psigiatriese hospitaal: 'n ondersoek en evaluering
[摘要] Afrikaans: Die doeI van die studie is om die doel treffendheid van die terapeutieseomgevvingsbenadering binne 'n psigiatriese hospitaal te bepaal.Tot op die stadium van die ondersoek bet die behandelingsmetodebetreklik ongekontroleerd plaasgevind en daar is 'n behoefte virevaluering ontstaan.In die eerste hoofstuk word die motivering vir die ondersoek kortliksbespreek. Omdat pasiënte dikwels siek word as gevolg van sosialebeïnvloeding, is dit noodsaaklik om 'n omgewing te struktureer waaroptimum moontlikhede vir herstel sal bestaan.In hoofstuk II word daar 'n oorsig van die geskiedenis van die behandelingvan geestesversteurdes met betrekking tot die begrippebehandeling en rehabilitasie geskets. Vervolgens is daar ook'n uiteensetting van resente navorsing oor die sosiale struktuur inpsigiatriese hospitale. Die bydraes van Sullivan Rowland, AnnaFreud, Maxwell Jones en Rapoport word kortliks bespreek.Hoofstuk III dien as basis vir Edelson se model van 'n psigiatriesehospitaalorganisasie. Dit bestaan uit 'n beskrywing van Parsons sesisteemteorie van aksie waarvan die vier komponente (funksies) aanpassing,motivering, integrasie en konsummasie die hooftema vorm.Daar word ook gewys op raakpunte tussen die teorie en die klassiekePsigo-Analise.In Hoofstuk IV word die model gebruik om h teoretiese model vir 'npsigiatriese hospitaalorganisasie daar te stel. Die vereistes interme van die vier funksies wat reeds genoem is, word vollediguiteengesit.In Hoofstuk V word daar gelet op konflikterende elemente wat stremmingein die hospitaalorganisasie kan veroorsaak. Die stremminge is onlosmaaklik'n deel van enige organisasie en daar word ook gelet op diebelang van konsultasie as meganisme om dit te hanteer.Hoofstuk VI bestaan uit 'n gedetailleerde uiteensetting van die verskillendesubkollektiwiteite in h psigiatriese hospitaalorganisasie,bv. die totale organisasie, die behandelingsubsisteem, die psigoterapeutiesesubsisteem, die sosioterapeutiese subsisteem, ens.Daar word diagrammatiese voorstellings van die ideale model gegee.Verder word daar ook aandag geskenk aan die equalitarian model watas grondslag vir die organisatoriese struktuur van die hospitaal moetdien.In Hoofstuk VII word die patalogie van kommunikasie in terme van Stantonen Schwartz se ontleding bespreek. Daar word veral gelet op viersoorte foute, nl. oorsprong-, oordrag-, kommunikasie metode- enfunksionele foute.Die terapeutiese omgewingsbenadering word in Hoofstuk VIII bespreekvolgens Edelson se model. Daar word veral aandag geskenk aan diesosioterapeutiese outputs (uitset) na die individu en op dieverhouding tussen sosio- en psigoterapie.In Hoofstuk IX word hospitaal X volgens Edelson se modelontleed enbeskryf. Die verskillende subkollektiwiteite word in terme van dievier basiese groepsfunksies ge-evalueer. Dit word gedoen deur bandopnamesvan die verskillende groepe, nl. 'n aanpassings-, motiveringskonsummasieen integrasiegroepe te ontleed. Die konkrete kollektiwiteitewaarvan die funksionering ontleed word, is die volgende -'n Multidissiplinêrevergadering, 3 Gevallekonferensies en 'n Pasiëntvergadering.Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat die sosialedimensie onont beerlik in die behandeling van geestesversteurings is,maar dat die benadering nog tekortskiet in sekere opsigte. Die redeshiervoor word bespreek een'van die vernaamste is dat die sosioterapeutiesefunksie nog nie behoorlik gedifferensieer is nie, gevolglikis dit veral konsultasie-fasiliteite wat ontbreek.Ten slotte word die toekoms van die psigiatrie se hospitaal in HoofstukX bespreek en is dit duidelik dat dit nog funksioneel is, alhoeweldaar n klemverskuiwing in die behandeling na die samelewingis waarin die individu funksioneer. Daar word ook aandag aan teenkantingteen die konsep van Community Psychiatry gegee. Laastensword die toekoms van die terapeutiese omgewingsbenadering inHospitaal X in oënskou geneem.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文