已收录 268917 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
'n Didakties-pedagogiese ondersoek na die rol van die atletiekafrigter as jeugleier
[摘要] Afrikaans: In die Suid-Afrikaanse atletiekopset speel die atletiekafrigter'n besondere rol as opvoeder en rigtinggewer in die volwassewording vanons jeug. Ongelukkig is daar 'n neiging binne die atletiekafrigtingsisteem dat die afrigter op skool, aan universiteite en klubs alleenlikbeskouword as 'n persoon wat slaafs sy gespesial iseerde tegniesekennis van sy item moet oordra aan die atleet-in-opvoeding. Diesuksesvol le afrigter word slegs beoordeel volgens die resultatewat sy atlete benaal tydens kampioenskapsbyeenkomste. Die totalemensvorming en persoonl ikheidsontwikkel ing van die jong atleet isvan sekondêre belang in sodanige afrigtingsisteem. Die doel isslegs gerig op die voorbereiding vir topprestasie.Die atletiekafrigter is die volwasse vennoot in die afrigter-atleetverhoudingen is verantwoordelik vir die koers wat in die afrigtingsituasie ingeslaan word. Elke afrigter moet altyd bewus wees vandie groot verantwoordelikheid wat volg op die aanvaarding van hierdieopdrag. Hy is in 'n posisie waar hy die jong atleet kan opvoed totvolwaardige volwassedom deur atletiekafrigting te benut as potensiêleopvoedingskrag óf onherstelbare skade te berokken deur die eensydigeoorbeklemtoning van die prestasie-ten-alle-koste doelwit.Die atletiekafrigter wat hom ten doel stel die ideaal vanatletiek-opvoeding in plaas van atletiek-afrigting is 'n warejeugleier wat besef dat atletiek as vormingsmiddel in die kinderopvoeding 'n belangrike rol speel om die jong atleet se potensiaaloptimaal te ontwikkel. Die atletiekafrigter as jeugleier se besonderetaak is geleê in die opvoed van die atlete tot sinvolle volwassenheid,die ontwikkel ing van gebalanseerde persoonl ikhede met positieweeienskappe wat deur 'n korrekte oefenpatroon ontwikkel word, soosware sportmanskap, eerlikheid, regverdigheid, selfdissipline,leierskap en 'n Iiefde vir sy naaste en sy God.Die waarde van atletiek as Iiggaamsaktiwiteit moet nie onderskatword nie. Deelname en algemene kondisionering, wat inherentekomponente is van 'n goedbeplande atletiekprogram stimuleer dieIiggaamsfunksie van die sogenaamde groot spiergroepe en Iiggaamsorganismes tot meer effektiewe werking en gevolglik meer doeltreffende arbeidsvermoë. Die atletiekafrigter moet hom beywerom soveel moontlik skoliere of studente te betrek by aktiewedeelname aan atletiek as sport. Massadeelname vorm die basisvan 'n suksesvol le afrigtingsprogram.Die atletiekafrigter moet die atletieksituasie benut as 'n ontspanningsmiddeI , as n middel tot vryetydsbesteding, ontwikkeling vanetiese gedrag, bevordering van sosiale status, kultuurontwikkeling,as 'n middel tot sportopvoeding, ontwikkeling van Iiggaamlike- engeestelike weerbaarheid, verbetering van aanpasbaarheid, en verbetering van akademiese prestasie. Die atletiekafrigter se groottoets as opvoeder van die jeug is juis in die ontwikkeling van diemenslike kragte wat die individu opvoed tot hoër lewensvervulIing.Atletiekafrigting en die begeleiding van die jeug verg 'n uitgebreidekennis van die algemene didaktiek, met ander woorde die vereistesvir die goeie verloop van die hele afrigtingproses asook die basiesebeginsels wat toegepas moet word vir suksesvolle afrigting om sodoendedie kind-in-opvoeding sinvol te begelei tot volwassewording. Diebemoeienis van die afrigter-as-volwassene in die hele proses vanopvoeding van die jeug maak van atletiekafrigting n pedagogieseaangeleentheid wat in 'n meerdere mate as die formele onderwyssituasie die kind ontmoet en sodoende bepaalde waardes inskerp.Deur die intieme afrigter-atleet verhouding ontstaan 'n openheidby die atleet wat tot gevolg het n ontvanklike gesindheid vanbereidwilIigheid tot ontwikkeling van leefinhoude.Die atletiekafrigter as jeugleier mag nie neutraal staan nie,maar sy afrigtingstaak moet gelei en bepaal word deur 'n oortuigdeChristelike lewens- en wêreldbeskouing. Die deurstraling van sypersoonlike verhouding tot God in die omgang met atlete is dikwelsvan groter opvoedkundige betekenis as die oordra van kennis.Verder word die korrekte opvoedkundige afrigtingsbenadering grootliksbepaal deur die atletiekafrigter se begeertes, sy behoeftes, syfilosofie, sy persoonlike voorbeeld, eienskappe en positieweleierskap ten opsigte van die atlete waarmee hy werk. Al hierdievereistes is die professionele toerusting van die atletiekafrigteren vorm die grondslag van suksesvolle atletiekopvoeding.Die atletiekafrigter as jeugleier moet in die toepassing van didaktiese beginsels in 'n praktiese afrigtingsisteem altyd sy doelwittekorrek formuleer. Die liggaam van die atleet word ontwikkel engekondisioneer ter verbetering van prestasie tydens byeenkomste,maar ook as 'n middelof aanknopingspunt vir die opvoeding van dietotale mens. Die waarde van atletiekoefening en deelname ten opsigtevan jeugleiding lê daarin dat, benewens die feit dat die liggaamlikeontwikkeling bevorder, soos fiksheid en spierkoërdinasie, dit ook'n groot bydrae lewer in terme van persoonlikheids- en karakterontwikkeling.Die afrigter, die atleet en die program vorm die fondamentstene virdie diaktiese afrigtingsdriehoek. 'n Hegte onderlinge verhoudingvan die drie komponente van die didaktiese situasie is van grootbelang vir 'n suksesvolle atletiekonderrigsisteem. Gedurende dieontmoeting tussen die komponente van die didaktiese situasie vindware atletiekonderrig plaas.Die atletiekafrigter as leier van die didaktiese atletiekonderrigsisteem moet rekenskap kan gee van sy beheer oor die verloop vandie hele atletieksituasie. Die oefenprogram moet op 'n verantwoordelike wyse beplan word vir die hoeveelheid werk wat hy moet afhandel invergelyking met die hoeveelheid tyd tot sy beskikking. Die atletiekafrigter moet konsentreer op die verskillende faktore wat vir hommoontlikhede en weë open om sy hulp te organiseer en bewustelik tekanaliseer op so 'n wyse dat die atlete die basiese vaardighede entegnieke van die atletieksituasie aanleer asook die persoonlikeomstandighede, behoeftes en talente van elke individuele atleet inberekening bring.Om die huidige tendense insake die didaktiese en pedagogiese implikasievan afrigting te bepaal is empiriese vraelyste aan dertig topafrigtersin Suid-Afrika gestuur. Hulle menings aangaande die atletiekafrigteras jeugleier is in die verhandeling vervat.In die ondersoek het die klem geval op die korrekte atletiekonderrigsisteem en gesaghebbende atletiekleiding van die atletiekafrigter asjeugleier, veral ten opsigte van die pedagogies-didaktiese aspektedaarvan. Deurgaans is die noue geestelike verwantskap tussen dieafrigter en atleet beklemtoon asook die groot invloed wat die atletiekafrigter in die ontwikkeling van die jeug in Suid-Afjika het. Naaanleiding van bogenoemde word die posisie van die atletiekafrigteras jeugleier in perspektief geplaas.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:6      统一登录查看全文      激活码登录查看全文