Nuwe laktone en enantioselektiewe sintese van a hidroksidihidro-chalkone uit Pericopsis elata
[摘要] Afrikaans: 'n Wye verskeidenheid flavonoïede wat reeds uit Pericopsis elata (Harms) en ander Pericopsis spp. geïsoleer is, asook 'n aantal bekende verbindings nl. isoflavone soos daidzein en pratensein, 'n flavanoon nl. (R)-narengenin, isoflavanone by. (+/-)-7-hidroksi-4' -metoksi-isoflavanoon en ferreirin en 'n chalkoon, isoliquiritigenin wat nie voorheen uit hierdie bron verkry is nie, is na asetilering van fraksies, as asetate tydens hierdie ondersoek gevind. 'n Aantal bekende verbindings, soos 4',6,7-trimetoksi-isoflavoon, en twee stilbene nl. 3,4',5-trihidroksi- en 3,4',5-trihidroksi-3' -metoksi-trans-stilbene is vir die eerste keer uit P. elata geïsoleer.Na asetilering van relevant fraksies is twee nuwe α-hidroksidihidrochalkone, t.w. (R)-α,2' ,4' -tri-asetoksi-4-metoksi- en (-)-(R)-α,2',4,4'-tetra-asetoksi-dihidrochalkoon, waarvan lg. as die (+)-enantiomeer bekend is, en die nuwe 2',7-di-asetoksi-4', 6-dimetoksi-isoflavoon geïsoleer. Hierdie verbindings word vergesel van twee unieke butenoliedderivate, 3-(2,4-di-asetoksifeniel)-4-(4-asetoksibensiel)- en 3-(3,5-di-asetoksistiriel)-4-(metiel asetoksi)-2-buten-4-oliede. Gevorderde KMR-tegnieke het vastelling van strukture moontlik gemaak.Ten einde die absolute konfigurasie van die twee α-hidroksidihidrochalkone te bepaal, is 'n enantioselektiewe sintese vir beide (R)- en (S)-dihidrochalkone ontwikkel. Epoksidasie van 2',4'-di-O-metoksimetiel-4-metoksichalkoon deur benutting van poli-L-alanien as katalisator het tot die (2R, 3S)-chalkoon-epoksied (ee 70%) gelei, terwyl benutting van poli-D-alanien tot die (2S, 3R)-enantiomeer (ee 36%) gelei het. Reduktiewe ringopening van hierdie epoksiede het tot (R)- )ee 65%) en (S) - (ee 35%) α-hidroksi-2',4' -di-O-metoksimetiel-4-metoksihidrochalkone onderskeidelik gelei, waarna bensoïelering die onderskeie (R)- (ee 73%) en (S)- (ee 38%) bensoïelesters gelewer het. Deur toepassing van die SD exciton chirality approach is die voorkeurkonformasie van die α-bensoïeloksidihidrochalkone vasgestel en kon hierdie metode dus algemeen vir definisie van die absolute konfigurasie van α-hidroksidihidrochalkone benut word. Aangesien die SD-spektra van α,2',4'-tri-asetoksi-4-metoksi- en α,2',4,4' -tetra-asetoksidihidrochalkoon Cotton-effekte (λ233' -2,0x10-4; λ237' -1,9x10-4 respektiewelik) feitlik identies aan dié van (R)-α,2',4'-tri-asetoksi-4-metoksidihidrochalkoon (λ233' -2,0 x 10-4), verkry deur suurhidrolise van die 2',4' -di-O-metoksimetielgroepe gevolg deur asetilering van (R)-α, 2',4'-trihidroksi-4-metoksidihidrochalkoon, gelewer het, is 'n (R)-konfigurasie ook aan hierdie verbindings toegeken.Die sintese van 7-hidroksi-4'-metoksi-isoflavanoon is voorts aangepak om, in teenstelling met vorige onsuksesvolle pogings, aan te toon dat isoflavonoïede wel deur siklisering vanaf oopketting verbindings verkry kan word. Etoksi-metilering van 2,4-dihidroksi-4'-metoksideoksibensoïen gee aanleiding tot die ooreenstemmende α-hidroksimetieldeoksibensoïen waarna tosilering en suurgekataliseerde ringsluiting van die tosielester tot die ooreenstemmende isoflavanoon gelei het.
[发布日期] [发布机构] University of the Free State
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]