已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die Godsbeskouing van die teologie van die revolusie in samehang met die onderhawige vryheidsideologie
[摘要] Afrikaans: Die teologie van die revolusie het sy ontstaan onder andere tedanke aan die swak ekonomiese, maatskaplike en politieke toestandein die Derde Wêreld. Die term teologie van die revolusie is dieeerste keer op die Konferensie vir Kerk en Maatskappy van dieWêreldraad van Kerke in Genêve (1966) gebruik. Daar is gepleitvir n veranderde houding in die teologie teenoor revolusie as 'nmiddel om veranderinge teweeg te bring.Die oorspronklike betekenis van revolusie het in verband gestaanmet die omwenteling van die sterre. Teen die einde van die Middeleeuehet dit n politieke betekenis gekry. Die Franse Revolusieword as die eerste groot revolusie beskou en is ook die model virlatere revolusies. Die Russiese Revolusie van 1917 het n belangrikeverandering ten opsigte van revolusies aangebring.Geweld het deel geword van die revolusies, wat nie altyd spontaanontstaan nie, maar dikwels kunsmatig beplan word met in agnemingvan maatskaplike en politieke toestande. Die verskoning vir geweldis dat bestaande strukture as geweldadig beskou is en daarom magdit op 'n geweldadige wyse verander word.Die teologie van revolusie wil 'n teologie wees, daarom hou hy hommet uitsprake oor God en Christus besig, maar in sy uitsprake ishy nie Skrifgebonde nie. Hy steur hom ook nie aan die grense watdaar normaalweg aan 'n Skrifgebonde teologie gestel word nie. Hywil 'n teologie vir sy tyd wees, deur 'n boodskap vir die mens in diehede te bring. Dit verkrag ongelukkig die wese van die evangeliedeurdat dit nie die Woord van God suiwer laat spreek nie.In die teologie van die revolusie is daar 'n sterk religieushumanistiesegrondmotief. Die religie is die geestesgesteldheidwat op die hart van die mens beslag lê as die diepste wese van diemens. Dit is ook die band wat hom met God verbind. Deur die sondevalis die band met God verbreek.Die humanistiese trek kom na vore wanneer die mens homself verhefom soos God te wees. Dit gebeur alreeds by die sondeval, waar diemens aan God ongehoorsaam is. Die humanisme het vanaf dieRenaissance en Verligting geweldig veld gewen. Die modernehumanisme het uitlopers gehad soos onder andere rasionalisme,positivisme, liberalisme, materialisme ensovoorts wat almal revolusionêrvan aard is, aangesien dit teen God as heerser oor hierdiewêreld in opstand kom. In die twintigste eeu kom daar reaksie indie vorm van irrasionalisme. Die humanisme bereik sy hoogtepuntin die outonomie van die eksessiewe liberalisme en sekularisme watGod geheel en al uitsluit en die mens as norm neem.Die Godsbeskouing van die teologie van die revolusie is nie Skrifgebondenie. Dit stel God as onvoltooid voor, wat deur Sy handelingin die geskiedenis tot voltooiing kom. God is ook 'n dinamieshandelendeGod wat tot bevryding van die mens optree. Die menswerk hierin saam deur sy deelname aan die revolusie, waar God danook ontmoet word. Dit ken geen persoonlike ontmoeting met God nie.God is ook die politieke Bevryder wat die mens van onderdrukkingen verslawing bevry soos in die Exodus-gebeure plaasgevind het.Jesus word as revolusionêr beskou. Hy sou teenoor die Romeinseoorheersing in opstand gekom het en sou aan die revolusionêrebeweging van die Selote deelgeneem het. Sy kruisiging word ookas 'n revolusionêre daad beskryf. Jesus word ook as die partygangervan die armes voorgehou.Die koninkryk van God word as 'n politieke en revolusionêre begripverklaar, waarin Jesus as politieke Middelaar optree.Ook die Heilige Gees word in hierdie politieke teologie ingeskakel.Die Gees is die dinamiese teenwoordigheid van God in die wêreld -waarin die vrywording herkenbaar is.Die politieke Messianisme verteenwoordig ook die sterk vryheidsideologievan die teologie van die revolusie. Daar is egter inhierdie teologie 'n verabsolutering van vryheid.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:5      统一登录查看全文      激活码登录查看全文