Die aandeel van Ds. J. C. du Plessis in verband met 'n nasionale onderwysbeleid vir die Republiek van Suid-Afrika, met spesiale verwysing na sy werk in die I.K.K. en O.V.S.O.V.
[摘要] Afrikaans: Die doel van die ondersoek is om die aandeel van ds. J.C. du Plessisna te vors ten opsigte van die verkryging van 'n nasionale beleid vir die onderwys van blankes in Suid-Afrika deur spesiaal te verwys na sy rol in die Interkerklike Komitee (I.K.K.) en die Oranje-Vrystaatse Onderwysersvereniging (O.V.S.O.V.).Ter aanvang word kortliks verwys na die begrip nasionale onderwysbeleid en Wet 39 van 1967. Beginsels wat meer toeligting ontvang is die Christelike, nasionale, moedertaal-, differensiasie- en ouermedeseggenskapbeginsel.Die ontstaan van die vervlegting van die samelewingsverbande, kerk en skool van die Afrikaner wat die grondslag vorm vironderwysbemoeiing deur die kerk word ook inleidend bespreek. Daar word op gewys dat dié noue verband tussen kerk en skool dateer uit die Hérvorming en tydens die volksplanting aan die Kaap op die onderwys alhier oorgedra is.Enkele wysgerige beginsels, te wete: die soewereiniteits- en vervlegtingsbegineelsvan gesagstrukture wat ten grondslag lê van die noueverband tussen die Afrikaner se kerk en skool en verklaar waarom diekerk en veral die N.G. Kerk, hom so indirek bemoei met die onderwys,geniet aandag. 'n Voorbeeld van die kerk se bemoeienis met die onderwysis die stigting van die I.K.K. Hiervan was ds. Du Plesciis eerslid en later voorsitter. Van die O.V.S.O.V. wat heelwat later systeun aan die I.K.K. toegesê het, het ds. Du Plessis na aftrede aspredikant sekretaris geword.Na voltooiing van sy studies was ds. Du Plessis predikant op Jagersfonteinen Bethlehem waar hy gou betrokke geraak het in onderwysaangeleenthede.Hierna word hy beroep na Beaufort-Wes in Kaapland waar hy sy segregrasieskematen opsigte van Blanke en Kleurlingskole en koshuisedeurvoer. Tydens hierdie periode red hy die Kaapse opvoedingskommissievan ontbinding en word die voorsitter daarvan. Ds. Ou Plessisword later die Kaapse verteenwoordiger op die I.C.N.U. van die F.A.K.en beywer hom vir C.N.O. As voorsitter van die Sinodale opvoedingskommissiehet hy die omstrede De Villiers-onderwysverslag van 1948,die voorloper van 'n nasionale onderwysbeleid, deeglik bestudeer en intydskrifte toegelig. Toe ds. Du Plessis as predikant in die Transvaalgewerk het, het hy die provinsie se Sinodale Opvoedingskommissie geaktiveerom uitvoering te gee aan die Verslag se aanbevelings veral tenopsigte van 'n nasionale onderwysbeleid vir gekoördineerde en gedifferensieerdeonderwys vir blankes in Suid-Afrika. Die drie Afrikaansesusterskerke het vir die doel die I.K.K. gestig wat talle onderhoudemet die onderwysowerhede gevoer het vir die verkryging van on nasionaleonderwysbeleid. Hierdie I.K.K. het die omstrede memorandum opgestelvir die opheffing en beëindiging van verdeelde onderwysbeheer op middelbarevlak.Na heelwat onderhandelinge met die betrokke onderwysowerhede, is dieMORtert-Mosie in Februarie 1955 in die Parlement ingedien waarna dieregering geleidelik in die rigting van 'n nasionale onderwysbeleid beweeghet.Toe ds. Du Plessis in 1956 sy emeritaat aanvaar het, het hy as voorsittervan die I.K.K. bedank. Hierna het hy die pos as hoofsekretarisvan die Oranje-Vrystaatse Onderwysersvereniging aanvaar. Sy invloeden bekwaamheid as hoofsekretaris het baie beteken vir die onderwys.Sy tydskrifartikels in Die Skoolblad waarvan hy die redakteur was, hetetlike honderde getel wat die weg probeer voorberei het vir die verkrygingvan 'n nasionale onderwysbeleid vir die Republiek van Suid-Afrika.In 1966 lê hy die tuig neer as hoofsekretaris van die O.V.S.O.V., maarbly nog aan as redakteur van Die Skoolblad tot einde 1969.Ds. Du Plessis het onteenseglik 'n groot bydrae gelewer tot die verkrygingvan 'n nasionale beleid vir die onderwys van blankes in Suid-Afrika.
[发布日期] [发布机构] University of the Free State
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]