已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Fisioterapie rehabilitasiedienste en behoeftes in die Barkly-Oos Distrik
[摘要] Afrikaans: Inleiding en doel van die studie'n Gedetaileerde opname oor rehabilitasiedienste en -behoeftes van die DrakensbergStreeksdiensteraad in die Barkly-Oos distrik is in 1995 gemaak. Die distrik is 'n tipiese landelike gebied met 22 000 mense.MetodiekDie beskrywende studie het uit twee dele bestaan. Met die eerste deel is bepaal wat dierehabilitasiebehoeftes van persone wat in die studie ingesluit is, was. Eenhonderd-vyf-en-dertighuishoudings is d.m.v. eenvoudige ewekansige steekproeftrekking identifiseer wat deur die navorser en 'n navorsingshulp besoek is. 'n Totaal van 610 persone is in die studie ingesluit. Siftingstoetse is gebruik om enige persoon wat rehabilitasiedienste op die spesifieke tydstip sou benodig, te identifiseer. Die navorser het die persone evalueer om die aard van rehabilitasiedienste te bepaal wat benodig is (fisioterapie, arbeidsterapie, spraakterapie en ander wat maatskaplik en sielkundig ingesluit het). Aangesien die navorser 'n fisioterapeut is, kon slegs 'n beraming gemaak word van die ander rehabilitasiedienste as fisioterapie wat benodig is. Slegs die persone watfisioterapie rehabilitasiedienste benodig het, is verder evalueer om die behoeftes en die spesifieke probleme aangaande rehabilitasie te bepaal, Met die tweede deel van die studie is die beskikbaarheid van rehabilitasiedienste in die area bepaal. Vraelyste oor die aard van rehabilitasie is aan persone gegee wat hulself as betrokke by rehabilitasie beskou het.ResultateAgt-komma-vyf persent van die persone wat nagevors is, is identifiseer wat rehabilitasiedienste sou kon benodig. Vier-komma-drie persent het fisioterapie rehabilitasiedienste benodig. Van dié persone het slegs 42% al vantevore kontak met rehabilitasiedienste gehad. Agt-en-tagtig-en-'n-half persent het die afgelope jaar geen rehabilitasiedienste ontvang nie. Die nie-beskikbaarheid van dienste was die belangrikste rede, asook 'n gebrek aan kennis dat rehabilitasiedienste beskikbaar was. Dertig-komma-agt persent het sentrale senuwee-probleme gehad, met 19.2% ortopedieseprobleme van die onderste ledemaat. Daar was baie min instellings en persone watrehabilitasiedienste gelewer het. Dit was hoofsaaklik die verpleegpersoneel van die plaaslike hospitaal en die Streeksdiensteraad wat betrokke was met rehabilitasie. Daar is slegs een fisioterapeut in privaat praktyk en 14 verpleegkundiges, verpleegkunde assistente en lekewerkers identifiseer wat betrokke was met rehabilitasie. Met uitsondering van die fisioterapeut, was die selfaangeduide vlakke van kennis, selfvertroue en ervaring van die persone oor rehabilitasie onvoldoende.GevolgtrekkingMet baie min rehabilitasiedienste wat in die gebied aangebied word, en 4,3% van die persone wat fisioterapie rehabilitasiedienste benodig, kan die gevolgtrekking gemaak word dat daar 'n groot behoefte aan rehabilitasiedienste in die Barkly-Oos distrik is.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:5      统一登录查看全文      激活码登录查看全文