已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die invloed van 'n leerontwikkelingsprogram op die akademiese funksionering van 'n groep Afrikaanssprekende St. 5-leerlinge
[摘要] Afrikaans: Dit blyk uit die literatuur dat onderprestasie sy oorsprong in die primêre skoolfase mag hê. Vervolgens is daar in hierdie ondersoek gepoog om 'n leerontwikkelingsprogram saam te stel en in die opleidingsin van die woord aan leerlinge gedurende hul middelkinderjare aan te bied om sodoende die invloed van só 'n leerontwikkelingsprogram op die akademiese funksionering van 'n groep Afrikaanssprekende leerlinge in st. 5 te bepaal. Hierdie leerontwikkelingsprogram is opqestes teen die agtergrond van die totale ontwikkeling, met die klem op die kognitiewe ontwikkeling, van die kind. Omrede daar inhierdie ondersoek gepoog is om aksiegeoriënteerde gedrag by die kind te ontlok, is daar naas die teoretiese verkenning van die ontwikkelingsfasette van die kind, ook verwysna die belangrikheid van motivering en prestasiemotivering. Piaget se leerteorie, met spesifieke verwysing na die belangrikheid van kognitiewe ontwikkeling, is toepaslik gevind in 'n poging om die wyse te verduidelik waarop die kind sy potensiaal op hierdie stadium gebruik om tot optimale leer te kom. Waar hierdie navorsingsprojek sentreer om 'n leerontwikkelingsprogram, was dit nodig om 'n teoretiese verkenning te doen betreffende strategieë wat die leerling tot sy beskikking het om te gebruik om tot leerontwikkeling te kom. Leergewoontes en groepwerk is as belangrike strategieë in die ontwikkeling van leer geidentifiseer. Die ABC-Studiestelsel is as 'n toepaslike leerstrategie hier geidentifiseer wat wye toepassingswaarde het en goed inskakel by die ontwikkeling van die kind in die middelkinderjare. Omrede groepwerk ook as 'n-leerstrategie geidentifiseer is, wat terselfdertyd goed aanpas by die ontwikkelingvan die kind in die middelkinderjare, was dit eweseer belangrik om bespreking aan groepwerk, in die opleidingsin van die woord, te wy.Waar daar dus bespreking gewy is aan die ontwikkelingsfasette van die leerling gedurende die middelkinderjare, motivering en prestasiemotivering, leerteorieë, leergewoontes en groepwerk as teoretiese onderbou by die toepassing van In leerontwikkelingsprogram, het die vraag ontstaan of daar nie In oorhoofse teoretiese model bestaan wat kan voldoen aan die behoeftes van In navorsingsprojek soos hierdie nie. Uit die literatuur het dit geblyk datPsigo-opleiding as teoretiese en praktykmodel, soos weergegee deur Schoeman (1983), In oplossing in hierdie navorsingsprojek is, omrede daar soveel raakpunte tussendie doelstellings van onderskeidelik Psigo-opleiding en hierdie navorsingsprojek bestaan.Die leerontwikkelingsprogram, wat vir doeleindes van hierdie navorsingsprojek saamgestel is, het die ABC-Studiestelsel as basis gebruik. Ander fasette wat ook in hierdie program betrek is, is o.a. video-bande wat gemaak is betreffende die ouer-kind-verhouding (vir die ouers) en 'n prestasiemotiveringspraatjie (vir die leerlinge), die saamstel van 'n werkboek, betrokkenheid van die ouers en die portuurgroep. Die leerontwikkelingsprogram het vir ondersoekdoeleindes die funksie van onafhanklike veranderlikes vervul, terwyl akademiese gedrag soos verteenwoordig deur akademieseprestasie (V.K.-punt), tydstrukturering en algemene leergedrag die funksie vanonafhanklike veranderlikes vervul het.Sestien van die twee-en-dertig leerlinge wat belang gestel het in hierdie navorsingsprojek is deur middel van toevalsyfers getrek en op ewekansige wyse aan twee groepe, 'neksperimentele en kontrolegroep onderskeidelik van agt leerlinge elk, toegewys. Daar is geen beduidende verskil tussen die eksperimentele en kontrolegroepe betreffendeIK en akademiese prestasie (V.K.-punt) vóór die toepassing van die program gevind nie.Die leerontwikkelingsprogram is oor 'n verloop van tien weke, wat een voor- en een nametingsessie onderskeidelik ingesluit het, aangebied. Die data verkry met die voorennameting ten opsigte van akademiese prestasie, tydstrukturering en algemene leergedrag, is geanaliseer aan die hand van nie-parametriese prosedures.Die volgende resultate is verkry:(a) Die leerontwikkelingsprogram het geen beduidende uitwerking op akademiese prestasie gehad nie.(b) Die leerontwikkelingsprogram het geen beduidende uitwerking op tydstrukturering gehad nie.(c) Die leerontwikkelingsprogram het In beduidende uitwerking op algemene leergedrag gehad.In sy geheel beskou, is daar aan die doelwitte van hierdie navorsingsprojek voldoen en is daar verder getoon dat Psigo-opleiding (Schoeman, 1983) dinamiese uitdagings aan die toekoms van die Voorligtingsielkunde bied.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:5      统一登录查看全文      激活码登录查看全文