Die verspreiding van kernwapens en internasionale orde
[摘要] Afrikaans: Magsvergrype in al sy vergestaltingsvorme het daartoegelei dat geen vorm van ordelike internasionale gemeenskapmeer daarteen bestand is nie. Vanaf die konvensioneletaktiese ontplooiing van strydmagte tot by dievuil agterbakse stedelike terroriste strategie het diedroom van vrede en ordelikheid slegs in die vergetelheidgeraak. Met die koms van kernwapens het die laastevesting van die mens getuimel. Gemeenskaplike veiligheidom ordelike en stabiliserende internasionale verhoudingete verseker, ontwapenings- en wapenbeperkingskongresseen -verdrae - het almal tesame 'n klug geword.Die sukses wat berus op internasionale bereidwilligheidtot samewerking het reeds getoon dat dit 'n mislukkingis en aan die hand daarvan het die guerrilla en stedeliketerroris homself stewig in die internasionale gemeenskapgevestig.Die suksesse rondom ontwapening- en wapenbeperkingsis gemeet aan die gevolge daarvan op die internasionaleorde. Die SALT-verdrae is ten spyte daarvan dat ditdeur beide die V.S.A. en Rusland onderteken is, eensydigvan aard, deurdat net die V.S.A. hom by die bepalingsdaarvan hou. Die Russiese houding ten opsigtevan SALT is die kenmerk van die valsheid van diediplomasie van ons'tyd. Die Kernsperverdrag op sybeurt weer dra die kenmerke van supermoondheid-imperialismeen is tiperend van die ongebondenheid van internasionaleorde.Teen hierdie agtergrond het die verspreiding van kernwapens'n voldonge feit geword met die internasionalegemeenskap wat angstig toekyk wie die, volgende besittersal wees. Sekuriteit het die wagwoord geword ten opsigtevan onderliggende oorsake vir die beperking daarvan en kenmerkend, van sekuriteit is die algehele afwesigheidvan 'n oorkoepelende swaardmag om die nodigesanksies af te dwing. Die bekamping van kernwapenverspreidingomrede wêreldsekuriteit het egter die speelbalvan die supermoondhede en bestaande kernmoondhedegeword en die verdagmaking van mbontlike besitters kenmerkendvan hul imperialistiese dreunlyfhouding.Die faktore wat daartoe aanleiding gee dat nasies nakernwapens streef het die werklikheid van ons tyd geword. Nie alleen omrede die eie sekuriteit wat daarsondernie kan bestaan nie maar ook as gevolg van dieplig wat op die eie swaardmag rus, het dit onontbeerlikvir elke soewereine staat geword.Die R.S.A. kan op grond van bogenoemde dus onverwylddaarop aandring dat kernwapens 'n onontbeerlike kommoditeitgeword het. Sonder die swaardmag, sonder vriendeen gemeenskaplik in die stryd teen die bose, het ditvir die Republiek nodig geword om sy posisie in oënskoute neem en homself te skans teen 'n internasionale gemeenskapwat tot in sy gebeente verrot geraak het.
[发布日期] [发布机构] University of the Free State
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]