Gebaretaaltolkopleiding in Suid-Afrika - 'n inleidende studie
[摘要] Afrikaans: As gevolg van verskeie faktore, bestaan daar tans 'n dringende behoefte aanGebaretaaltolke in Suid-Afrika. Indien sodanige tolkdienste wel bestaan, is die tolkegrootliks onopgelei en word kwaliteittolkwerk nie gelewer nie. Die LANGTAG-verslagdui hierdie behoefte aan wydverspreide Gebaretaaldienste aan en in die1996-Grondwet word bepaal dat daar, onder die vleuels van PANSAT, geleenthedegeskep moet word vir die ontwikkeling van Gebaretaal. Gedurende die afgelopepaar jaar, sedert die Suid-Afrikaanse Dowe gemeenskap hegter funksioneer, vinddaar ook groter bedinging vir die regte en spesifiek taalregte van Dowes plaas.DEAFSA speel hierin 'n belangrike rol. Weens hierdie behoefte aan bevoegdeGebaretaaltolke, aanbevelings deur LANGTAG en die grondwetlike bepalingsrakende Gebaretaal en taalregte oor die algemeen, bestaan daar 'n dringendebehoefte aan opleidingsgeleenthede vir Gebaretaaltolke. Kennis rakende dietolkproses, tolkstrategieë, die betrokke tale, etiese kwessies en vele ander aspektevan die tolkproses is noodsaaklik ten einde kwaliteittolkwerk te verseker. In Julie enOktober 1997 is 'n Gebaretaaltolkopleidingsoriënteringskursus, in samewerking metDEAFSA, deur die Universiteit van die Oranje-Vrystaat aangebied. Hierdie kursuswas die eerste van sy soort in Suid-Afrika, het vier weke geduur en was gefokus opskakeltolkopleiding aan 'n twintigtal tolke van verskeie provinsies wat reeds ervaringvan tolkwerk gehad het. Meer omvattende opleiding is egter noodsaaklik ten eindeuiteindelik te verseker dat Gebaretaaltolkdienste meer geredelik beskikbaar word virdie Dowe gemeenskap.Hierdie studie verskaf, na die bestudering van verskeie ander Gebaretaaltolkopleidingsprogramme, 'n basiese model vir omvattende Gebaretaaltolkopleiding in 'nSuid-Afrikaanse konteks.
[发布日期] [发布机构] University of the Free State
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]