已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die teologie van Biskop D.M.B. Tutu: 'n missiologiese evaluering
[摘要] Afrikaans: In hierdie studie is die teologie van Biskop D.M.B. Tutu bestudeer. Sy teologiese agtergrond en biografie is deeglik bestudeer. Daarna is onbevange gepoog om sy teologie te sistematiseer.Nadat sy teologie volledig op die tafel gebring is, is begin met 'n kritiese ontleding daarvan. Ten slotte is onbevange en met selfondersoek gekyk na die missiologiese implikasie van sy teolgie.Sodoende is 'n akademies-verantwoorde basis geskep waarmee in gesprek getree kan word met Biskop Tutu. Die oogmerk van sodanige gesprek is suiwer ekumenies, met die begeerte van Johannes 17 dat die wêreld kan glo! Sodanige gesprek sal vir enige evangeliese missioloog van waarde wees ten opsigte van sy geloofwaardigheid en sy effektiwiteit as gestuurde in die Suid-Afrikaanse konteks.Die doel van hierdie studie was om 'n akademies-begronde basis te gee vir enige evangeliese missioloog om in gesprek te gaan met Biskop Tutu. Die vertroue word uitgespreek dat aan die doel beantwoord is.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:5      统一登录查看全文      激活码登录查看全文