已收录 271055 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
'n Eksegeties-literêre ondersoek na die funksionering van die begrip hesed in die klaagpsalms
[摘要] Afrikaans: Uit die ondersoek is dit baie duidelik dat hesed 'n baie wye betekenisveld dek. Hesed dra beslis 'n verbondsbetekenis waar God se verbond en sy hesed in een asem vermeld word. Hesed funksioneer ook meestal daar waar 'n band tussen die partye, naamlik die verbond, in die Klaagpsalms bely word. Myns insiens is die kernbetekenis van hesed dan liefde.Dit is onteenseglik so dat hesed ook teenwoordig is waar onderlinge teregwysings tussen bondgenote plaasvind en waar JHWH se tugtiging wat die heil van sy hasid(im) beoog, geskied.Hesed in die Klaagpsalms kan dus in die algemeen verstaan word as 'n verantwoordelike bewys van 'n positiewe gesindheid van een persoon teenoor 'n ander. JHWH is uiteraard die volmaakte voorbeeld daarvan omdat Hy voortdurend die gelowige in nood met sy troue liefde (hesed) te hulp snel en oor hulle wag hou. Hierdie liefde van JHWH is duursaam want Hy red en vergewe ui genade.Hesed is 'n onmisbare seën van God vir die mens (in nood). Hierdie liefde kan vergelyk word met 'n kombers Dit is God se kombers wat so oneindig groot is dat ons altyd onder sy bewaring bly, waar ons ookal gaan. Dit is ook so sterk dat Hy ons uit ellende verlos. Juis onder hierdie kombers van God ervaar die gelowige warmte deur sy gedurige nabyheid, ook in tyd van nood.JHWH se hesed spoor die gelowige aan om op grond v an die onverdiende liefde wat hy van Bo ontvang, ook ware liefde teenoor ander in dade uit te druk. So moet die mens sy dankbaarheid vir God se ryke seën, wat hy elke dag onverdienstelik en oorvloediglik uit sy hand ontvang, in woorde en in dade omsit.soos God nooit verander en nooit ontrou kan wees nie, so is ook sy liefde (hesed. Daarom bly Hy dieselfde, gister, vandag en tot in alle ewigheid.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:4      统一登录查看全文      激活码登录查看全文