已收录 273170 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
'n Ondersoek na die selfkonsep van die fisies gestremde leerling
[摘要] Afrikaans: Die doel van die ondersoek was enersyds om die selfkonsepvan die fisies gestremde leerling te bepaal en andersyds omte poog om vas te stel wat dié leerling se verhoudinge metdie verskillende aspekte van die Self is.Met die literatuurstudie oor die begrip selfkonsep is indringendeondersoek ingestel na die verskillende sienswyseswat hieroor gehuldig word van persone soos Freud, Adler,Erikson, Sullivan, Lewin, James, Combs, Snygg, Rogers,Jersild en Felker. Deur sodanige ondersoek word die ontwikkelingsgangvan selfkonsepteorieë aangebied om 'n geheelbeelddaar te stel van wat daar in die literatuur opgetekenstaan van hierdie belangrike begrip.Elkeen van die bostaande dimensies word bepaal in termevan drie aspekte, naamlik die proefpersoon se selfidentiteit,dit wil sê wát hy is; tweedens sy aanvaarding vandaardie identiteit, en derdens sy persepsie van sy eie funksionering.Voorts is 'n volledige bespreking gelewer oordie wesenlike betekenis van die dimensies van die selfkonsepen is die selfkonsep se verband met die kognitiewe struktuuren persoonlikheidsorganisasie ook van nader ondersoek.Om 'n ware greep te verkryoor die teoretiese konteks waarbinnedie Selfkonseptoets gebruik en begryp moet word, isdie leefwêreld van die adolessent ook beskryf en kon dieinterpretasie van die gegewens verkry uit die ondersoek, binnekonteks geskied. In die empiriese ondersoek is van Vrey seSelfkonseptoets asook 'n outentieke biografiese vraelys vandie skrywer gebruik gemaak.Die aantal leerlinge wat in hierdie navorsing betrek is, wordin die volgende tabel aangegee (sien volteks).Die populasie waaruit die steekproewe vir die ondersoek getrekmoes word, bestaan uit die Afrikaanssprekende leerlingeop die Senior Sekondêre Skoolfase.Die toepassing en nasien van die Selfkonsepinventaris enbiografiese vraelys, die struktuur, items en betroubaarheiden geldigheid van die Selfkonseptoets is baie deeglik beskryfen besondere moeite is gedoen om In duidelike beeldvan die statistiese ontwerp daar te stel.By die tellings van die Selfkonseptoets is van die kritiekeverhoudingstoets gebruik gemaak om te bepaal of daar in beduidendeverskil bestaan tussen die selfkonseptellings vandie eksperimentele-en kontrolegroepe,terwyl die chi-kwadraattoets by die items van die biografiese vraelys toegepas is.Die volgende bevindinge spruit uit hierdie ondersoek voort:1. Die fisies gestremde leerling het In laer selfkonsepas die normale leerling.2. Die volgende verhoudinge van die fisies gestremde leerlingis ongesonder as dié van die normale leerling:a. verhoudinge met sy psigiese gesteldheid -sy persoonlike Self;b. verhoudinge met die liggaamlike gesteldheid -sy fisiese Self;c. verhoudinge met sy gesin - sy gesinself;d. verhoudinge met ander in die sosiale gemeenskapsy sosiale Self;e. verhoudinge met sedelike en godsdienstige waardes -sy waardeself.3. Geen betekenisvolle verskil kon tussen die tweegroepe gevind word betreffende die evaluatieweaspek van die selfkonsep nie.Hierdie ondersoek het baie duidelik aangetoon dat ditbelangrik is om ruimte toe te ken aan die rol van die selfkonsepin die begryping van die probleme van die fisiesgestremde leerling. Dit sal meebring dat hierdie leerlingraakgesien word vanuit sy eie verwysingsraamwerk en vandaaruit begryp moet word.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文