已收录 273170 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
'n Kommunikasiestrategie vir sielkundiges deur middel van 'n behoefte-analise van die kliënt
[摘要] Afrikaans: Uit die ondersoeke van onder andere Eysenck (1952) en Rachman(1973) blyk dit dat sielkundige dienste nie so effektief isas wat dit behoort te wees nie. Hierdie en ander dergelikeondersoeke dien as inspirasie vir 'n groot aantal navorserswat poog om die kwaliteit van sielkundige dienste te verbeter.Alhoewel hierdie pogings oor 'n groot area aangewend word,word in hierdie ondersoek aandag verleen aan die navorsingwat aan die persoon van die sielkundige gekoppel is. Hierdieondersoek wil dan ook 'n bydrae op hierdie gebied maak.Dit blyk uit navorsingsresultate behaal, dat die benaderingwat sekere persoonlikheidseienskappe van die sielkundige aansukses probeer koppel, weinig sin het, aangesien die resultate verwarrend is en 'n gebrek aan wetmatigheid weerspieel.'n Rigting wat egter met 'n mate van sukses aan 'n positieweterapeutiese resultaat gekoppel kan word, is een wat die sielkundige as fasiliteerder van terapeutiese omstandighede beskryf. Carl Rogers staan vader vir hierdie rigting. Sybeginsels word deur talle ondersoeke geverifieer, wat vind datfasiliterende omstandighede ten minste 'n matige verband net sukses toon. Hierdie verband dien as rugsteun vir 'n literatuurondersoek met die doel om vas te stel hoe hierdie veranderlikesgeimplimenteer word. Hierdie ondersoek word aan die hand vanRobert Carkhuff uitgevoer, aangesien hy op 'n ongekompliseerdewyse die fasiliterende beginsels operasioneel aanwend. Diefasiliterende kerndimensies word deur horn in terme van 5 vlakkevan empatie, respek, opregtheid en konkreetheid gedefinieer.Carkhuff gee verder toepassing aan hierdie beginsels deur 'nfasiliterende persoonlikheid te beskryf. Wanneer 'n persoonhierdie fasiliterende dimensies deel van homself maak, worddit houding- en waardekomponente van sy persoonlikheid. Omdat houdings en waardes verander en aangeleer kan word, is ditmoontlik dat hierdie houdings en waardes deur middel van opleiding in belang van terapie by studente tuisgebring kanword. Daarom is daar vervolgens aan opleidingsbeginselswat teoreties en empiries geverifieer kan word, aandag verleen. Die Carkhuff-model stel 'n belewenismatige, 'ndidaktiese en 'n modelleringsbasis vir opleiding voor. Aangesien dit uit die literatuur blyk dat hierdie beginsels oormeriete beskik, word die modelleringsbasis van opleiding aandie hand van Albert Bandura se beginsels verder uitgebou,terwyl die didaktiese basis deur A.E. Ivey se mikroberaadsisteem voorsien word.Volgens die Carkhuf fmodel sal die terapeutiese sukses toeneemindien die sielkundige se vlak van fasiliterende kommunikasieverhoog word. Een wyse om dus groter sukses aan terapie tekoppel,is dus om die vlak van fasiliterende kommunikasie bydie sielkundige te verhoog. 'n Nuwe strategie, 'n behoefteanalisevan die klient, het die verhoging van fasiliterendekommunikasievlakke ten doel, aangesien dit aan die sielkundigemeer toepaslike inligting omtrent sy klient voorsien en fasiliterende kommunikasie deels op inligting van die klientberus.Daar is vervolgens,deur van resente en vooraanstaande opleidingsmodelle gebruik te maak, aan 'n groep student-sielkundigesopleiding in fasiliterende kommunikasie en opleiding in behoefte-analise voorsien. Die afhanklike veranderlikes was4 Carkhuffskale, die Balesskale en 'n semantiese differensiaal.Daar is van 'n 2 x 2 faktoriale ontwerp in die eksperimentgebruik gemaak en die data deur middel van 'n 2-rigting variansie-analise geinterpreteer. In die geval van die semantiese dif f erensiaal is daar beduidende verskille ten opsigtevan die voormetings van 'n aantal van die skale verkry, metdie gevolg dat daar op 'n alternatiewe dataverwerkingstegniekbesluit is, naamlik t-toetse.Die opleidingsprogram wat onderrig in fasiliterende kommunikasie ten doel gehad het, kon die vlak van empatie, respeken opregtheid wat die student-sielkundige gekommunikeer het, beduidend verhoog, maar nie die vlak van konkreetheid nie.Die opleidingsprogram wat onderrig in behoefte-analise tendoel gehad het, kon die vlak van empatie, respek, opregtheiden konkreetheid wat die student-sielkundiges gekommunikeerhet, beduidend verhoog.Die groep wat onderrig in fasiliterende kommunikasie ontvanghet, asook die groep wat 'n kombinasie van fasiliterende onderrig en behoefte-analise ontvang het, het met minder gepoogde antwoorde gekommunikeer (Bales interaksie-analise) .Ten opsigte van die semantiese differensiaal is gevind datkliente uit die kontrolegroep gevoel het dat die studentsielkundigetydens die nameting kalmer was. Kliente vandie groep student-sielkundiges wat opleiding in behoefteanaliseondergaan het, het gevoel dat die student-sielkundigena opleiding minder suksesvol was. Die kliente van diegroep student-sielkundiges wat beide opleiding in behoefteanaliseen fasiliterende kommunikasie ondergaan het, hetgevoel dat die student-sielkundige na opleiding minder suksesvol, eerlik en aanvaardend was. Sy was ook volgens diekliente verder weg as tydens die eerste meting.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文