Die Diamond Fields Advertiser en die Suid-Afrikaanse politieke krisisse, 1896-1898
[摘要] Afrikaans: Hierdie studie handel oor die Diamond Fields Advertiserse interpretasie van die Suid-Afrikaanse politiekekrisisse van die jare 1896 tot 1898 wat die Anglo-Boereoorlog voorafgegaan het. Die stryd tussen Brittanjeen Transvaal om die behoud van Britse oppergesag inSuid-Afrika aan die een kant en die Transvaalseonafhanklikheid aan die ander kant het neerslag in dieKaapse politiek gevind.Die Jameson-inval wat die omverwerping van die Kruger-regering ten doel gehad het, het die blanke bevolking vanSuid-Afrika in twee pOlitieke-kampe gedryf. Die Afrikaner indie Kaapkolonie is in hul simpatie met die Krugerregeringverenig. Die Engelse koloniste het hulle agterdie South African League en Rhodes geskaar in simpatiemet die Uitlanders en ter ondersteuning van Britseoppergesag in Suid-Afrika.Die Diamond Fields Advertiser onder redaksie van AlbertCartWright het egter geweier om hom onvoorwaardelik metenige van bogenoemde twee groepe te vereenselwig. Diekoerant het wel die behoud van Britse oppergesag, 'n Suid-Afrikaanse federasie onder die Britse vlag en die toekenning van volle burgerregte aan die Uitlandersvoorgestaan. Die gebruik van geweld ten einde bogenoemdeoogmerke te bereik, is egter heftig deur die Diamond FieldsAdvertiser afgekeur.Cartwright het die gedagte dat Brittanje se posisie as dieoppergesag in Suid-Afrika deur sameswering van die Boererepubliekeen die Kaapse Afrikaners bedreig is, verwerp.Insgelyks het hy geweier om te glo dat die Britse regeringof die Uitlanders enige vyandige oogmerke teen die Transvaalse onafhanklikheid gekoester het. Chamberlain seoptrede t.o.v. Transvaal voor en na die Jameson-inval is indie lig van bogenoemde oortuiging geïnterpr~teer. Cartwrighthet bv. geweier om te glo dat Britse regeringsamptenare by dieRhodes-sameswering betrokke was. Chamberlain se versekeringdat hy oor geen vooraf-kennis van die Jameson-inval beskik het nie,is sonder enige bevraagtekening deur die Diamond FieldsAdvertiser aanvaar.Terwyl Chamberlain gedurende die onmiddellike maande na dieJameson-inval met die gedagte van oorlog teen Transvaalgespeel het, het Cartwright nie alleen 'n gematigde optredebepleit nie, maar volgehou dat Chamberlain nie geweld souoorweeg nie. Ook gedurende die krisis van April 1897 het die Diamond Fields Advertisergematigde Britse beleid t.o.v.Transvaal voorgestaan, alhoewel die koerant die Transvaalsewetgewing, wat tot die krisis gelei het, heftig veroordeel het.Cartwright het uit vrees dat die Britse regering met geweldin Transvaal sou ingryp, daarop aangedring dat die anderSuid-Afrikaanse state gesamentlik 'n protes aan die Kruger-regering moes rig.Cartwright se beleid vir die Diamond Fields Advertiser isgemotiveer deur 'n begeerte na vrede en eenheid vir Suid-Afrika. Dit was die onderliggende rede agter die koerantse teenkanting teen Rhodes se terugkeer na die Kaapse politiekna sy betrokkenheid by die Jameson-inval. Dit was ook dierede waarom dje Diamond Fields Advertiser die South AfricanLeague se slagkrete ten gunste van die behoud van Britseoppergesag en sy beskuldigings van dislojaliteit teen dieAfrikanerbond teengestaan het.Terwyl die gevoel van vyandigheid tussen Engels- en Afrikaanssprekendes in die Kaapkolonie hoog geloop het, het Cartwrightas redakteur van die Diamond Fields Advertiser die vormingvan 'n gematigde progressiewe party, wat oor die taalgrenseheen sou strek, bepleit. Die Kaapse politieke klimaat op dievooraand van die Anglo-Boereoorlog het hom egter nie totgematigdheid geleen nie. Die verkiesing van die Kaapsewetgewende vergadering in 1898 is deur die Progressiewe Party,onder aanvoering van Rhodes, in 'n stryd om Britse imperialismeteenoor Afrikaner-republikanisme omskep. Die Diamond FieldsAdvertiser het egter geweier om as 'n volgeling van óf Rhodes,óf Kruger, wat onderskeidelik bogenoemde stryd verpersoonlikhet, geklassifiseer te word. Dit was die hoofrede agter dieoorname van die Diamond Fields Advertiser deur die Progressiewesin Februarie 1898.
[发布日期] [发布机构] University of the Free State
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]