已收录 273173 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Vitamien B6 metabolisme in die eritrosiet met aspartaataminotransferase as biologiese merker
[摘要] Afrikaans: In hierdie studie is daarin geslaag om 'n gestandaardiseerde metode virdie bepaling van AST aktiwiteit op 'n outomatiese analiseerder (Gilford3500 sisteem) te ontwikkel. 'n Preïnkubasietyd van minstens 10 minuteis nodig om die totale AST aktiwiteit in normale plasma te bepaal. 'nAanvanklike inhibisie van plasma AST aktiwiteit is waargeneem na diein vitro byvoeging van PLP. Hierdie inhibisie kon nie opgehef worddeur die PLP konsentrasie of die preïnkubasie-temperatuur te verhoognie. In teenstelling met normale plasma is 'n preïnkubasietyd van net2 1/2 minute nodig vir die volle aktivering van die eritrosiet ASTaktiwiteit. Die totale aktivering van die AST apoensiem in die plasmavan hart en lewerpasiënte vind , soos in die gevalvan eritrosi et AST,ook binne 2i minute plaas. Daar is dus 'n verskil in aktivering van dieapoensiem in normale plasma en in die plasma van sekere siek persone.Daar is aangetoon dat piridoksien, wat deur die volwasse eritrosietopgeneem word en na die aktiewe derivaat, naamlik piridoksaalfosfaat,omgeskakel word, nie beskikbaar is vir die aktivering van dieonaktiewe AST in die volwasse eritrosiet nie. Die spesifieke redehiervoor is nog onbekend en word verder ondersoek. Verskeie Vitamien86 derivate het egter wel die verlies van ensiem uit die eritrosiete,tot 'n mate beperk.'n Toename in beide basale sowel as totale AST aktiwiteit is in dieeritrosiete na In addisionele daaglikse vitamien B6innamme oor 'n tydperk van vier weke waargeneem. Die ensiem in die plasma sowel as indie hemolisaatbereidings was tot 'n groter mate versadig met PLP na dieaddisionele vitamien B6 inname, hoewel die totale AST aktiwiteit indie plasma nie toegeneem het nie. Hieruit blyk dit dat die 'CAS'beginsel vir die bepaling van 'n vitamien status van die liggaam, niesuksesvol in die geval van vitamien B6 toegepas kan word nie.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文