Die invloed van ioniserende strale en elektrone op die chromosome van die mens
[摘要] Afrikaans: Moorhead se limfosiet-kultuurtegniek is gewysig en aangewend om die in vitro effek van X-strale, elektrone en addisioneel, drie verskillende tipes sitostatika, op menslikemetafase-chromosome te ondersoek.Dosisse van 500, 750 en 1000 roentgen 90 kV X-strale isaangewend. Bestraling van hierdie kulture het in In waterbad by 37°C plaasgevind. Dieselfde dosisse deur middel van4 MeV elektrone is toegedien teen In dosistempo van 200 radper minuut. Hierdie prosedures is in teenstelling met diegeval by X-strale, by kamertemperatuur uitgevoer.Die drie sitostatiese middels, nl. endoksaan, 5-fluoro-urasiel en bleomisien, is as voorbeelde van alkilerings-agense,antimetaboliete en antibiotika onderskeidelik, teen konsentrasies van 30, 20 en 0,4 µg/ml aangewend. Hierdie konsentrasies stern ooreen met dié wat aan pasiënte toegedienword.Kultuurperiodes het 72 uur by X-strale en sitostatika en96 uur by elektron-toediening geduur. Bestraling en byvoeging van sitostatika is 24 uur na opstel van kulture gedoen.Die effek van bogenoemde behandelingsmetodes is bepaal interme van die hoeveelheid en tipes aberrasies geproduseerby die onderskeie dosisse en konsentrasies. 'n Vergelykende studie is gemaak van die effekte van die verskillendetipes straling en sitostatika. Klassifikasie van chromosoom- en chromatied-aberrasies is gedoen volgens die V.V.O.verslag aangaande die effek van bestraling, waarby chromosoom- chromatiedbreuke as addisionele tipes aberrasies gevoeg is.Uit die resultate kon aangetoon word dat die duur van dieselsiklus verleng met stygende dosisse X-strale, terwyl dieverlenging onder dieselfde omstandighede by elektron-toediening konstant gebly het. In soverre dit die sitostatikabetref, het 5-fluoro-urasiel In totale inhibering van timidielsuur tot gevolg gehad, waardeur D.N.A.-sintese, waar vantimidielsuur In voorloper is, verhoed is. Die tydsduur vandie selsiklus is die minste geaffekteer deur bleomisien-toediening terwyl die invloed van die endoksaan nie bepaal konword nie, weens die afwesigheid van aberrasies wat as indikators gebruik is in die berekening van bogenoemde effek.Hierdie berekenings is gedoen deur bepaling van die persentasie sekerheid dat generasie 1 metafases ondersoek is, deurdie aantal disentriese chromosome met fragmente teenwoordig,te vergelyk met dié sonder fragmente. Eersgenoemde word aanvaar as verteenwoordigend van die eerste generasie metafaseswat na bestraling of byvoeging van sitostasika hul verskyningin die kultuur maak, terwyl laasgenoemde as verteenwoordigend van generasies 2 en 3 beskou word.Die mees algemene tipe chromosoom- en chromatied-aberrasies wat voorgekom het, was koldelesies. 'n Lineêre verband tussen toegediende dosis en frekwensie van voorkomsis slegs by twee tipes aberrasies gevind. Sentriese ringeen fragmente het 'n lineêre styging met toename in dosisX-strale getoon, terwyl chrornatiedbreuke 'n lineêre dalingteenoor 'n stygende dosis elektrone getoon het. Die resvan die aberrasies het 'n meer komplekse patroon van wisseling by die onderskeie dosisse en tipes bestraling ensitostatika getoon. Tog was die biologiese belangrikheidvan die individuele tipes aberrasies ten opsigte van subletale en letale selskade, duidelik hieruit waar te neem.Die verskille in aberrasie-opbrengste deur X-strale geproduseer soos vergelyk met die gepubliseerde bevindings, kanverklaar word deur die relatiewe hoë dosisse gebruik, dienou grense tussen laagste en hoogste dosisse, asook die addisionele tipes aberrasies wat tot die klassifikasie-sisteemgevoeg is en wat nie voorheen deur navorsers in 'n volledigeaberrasie-klassifikasie ingesluit is nie.Ten spyte van beperkinge in die identifikasie van sekerechromosomale- en chromatied-aberrasies deur kleurtegniekeanders as bandpatrone, word hierdie metode steeds as 'ngevoelige dosismeter vir die bepaling van geabsorbeerdedosis en tipe bestraling beskou, en werp dit ook lig op dieonderlinge verskille in chromosomale-aberrasies deur dieonderskeie tipes sitostatika geproduseer. Die insluitingvan chromosoom- en chromatiedbreuke in die klassifikasiesisteemvan aberrasies is as geregverdig bevind, aangesiendit aberrasies is wat met 'n groot mate van sekerheid bepaal kon word en goed inpas by die algemene aberrasie-patroon.
[发布日期] [发布机构] University of the Free State
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]