已收录 273170 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die kristalstruktuur van 1,2-bis (2-metielpiridinium) etaantetrasianonikkellaat (II) en die kinetika van die bereiding van verwante kwaternere ammoniumsoute
[摘要] Afrikaans: Verskeie pogings is al aangewend om die bindingsgeaardheidvan die sianiedgroep in komplekse sianiedverbindings tebepaal met behulp van spektrofotometriese metodes. Alhoeweldie verskeie metodes al dikwels teenstrydige resultate gelewerhet, het dit getoon dat die metaal-koolstof binding virsommige komplekse sianiede in 'n mindere of meerdere mate 'ndubbelbindingskarakter het.As gevolg van TI tekort aan akkurateinteratoomafstande, kon hierdie π-bindingskarakter egternog nie bevestig word nie. Die bindingsgeaardheid van diesianiedgroep bepaal tot 'n groot mate die aard van die ladingsverspreidingoor so 'n komplekse ioon, terwyl die ruimtelikerangskikking vah die ione ten opsigte van mekaar weer afhanklikis van die ladingsverspreiding oor die ioon. Dit is dusduidelik dat die bindingsafstande tesame met die rangskikkingvan die ione ten opsigte van mekaar van belang is by die bepalingvan die bindingsgeaardheid van die komplekse sianiedione.Die divalente kwaternêre ammonlumsoute van nikkelsianiedleen hulle uitstekend vir die bestudering van die rangskikkingvan die katione ten opsigte van die anione, aangesien dietwee positiewe ladings van die katioon van mekaar geskei isoor 'n betreklike groot afstand, maar nie onafhanklik van mekaaris soos in die geval van monovalente ione nie.Dit is dus duidelik dat die afstand tussen die positiewe ladings ensekere steriese effekte, soos afskerming van die positief gelaaidestikstofatoom, tot 'n groot mate die rangskikking vandie ione ten opsigte van mekaar sal bepaal. Alhoewel 'n grootaantal van hierdie tipe divalente kwaternêre amnoniumsouteal berei is, is die kinetika van hul vorming egter nog nieondersoek nie. Die strukture van die komplekse sianiede N,N-dimetiel-4,4 -dipiridiniumtetrasianonikkellaat (II) (C16H14N6Ni) en 1,2-bis(N-metiel-4-piridinium)etileentetrasianonikkellaat (II) (C18H16N6Ni) is onlangs volledig opgeklaar met behulp van X-strale. Om aan te sluit by hierdie tipe komplekse, behals hierdie verhandeling die struktuuropklaring van 'n soortgelyke tipe nikkelsianiedkompleks 1,2-bis (2-metielpiridinium)etaantetrasianonikkellaat (II) (C18H24N6Ni) met behulp van X-strale, en die ondersoek van die reaksiekinetika van verwante kwaternêre ammoniumsoute. Die verbindings C18H24N6Ni, C16H14N6Ni en C18H16N6Ni is verwant aan mekaar deurdat elkeen 'n divalente organiese katioon besit. Die afstande tussen die positiewe ladings op die verskillende katione verskil egter betreklik baie en is onderskeidelik ongeveer 4, 7 en 9 Å.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文