已收录 270995 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die sosiaal-kritiese funksie van die Marxistiese godsdiensfilosofie met verwysing na die Suid-Afrikaanse sosio-politieke orde
[摘要] Afrikaans: Ten grondslag aan die beweerde krisis waarin die Marxisme sou verkeer, lê die vraag of die Marxistiese teorie nog hoegenaamd enige relevansie en aktualiteit vir hedendaagse samelewings inhou. Teen die agtergrond van dié proefskrif geargumenteer dat hierdie problematiek die Marxistiese teorieword met veral nog 'n een van sy aspekte, naamlik sy godsdiensfilosofie, relevant en aktueel is - ookvir die Suid-Afrikaanse sosio-politieke orde. Met die konstruering van 'n kritiek op die Suid-Afrikaanse sosio-politieke orde aan die hand van die Marxistiese godsdiensfilosofie, illustreer die studie diehedendaagse relevansie en aktualiteit van die Marxistiese godsdiensfilosofie. Vir dié doel word die Swart Teologie van Allan Boesak histories-vergelykend betrek om die relevansie en aktualiteit van die Marxistiese godsdiensfilosofie vir Suid-Afrika te illustreer en uit te wys. Ofskoon die studiemetode hoofsaaklik tot In literatuurverkenning en -vergelyking beperk IS, word dit ook deur 'n krities-verkennende,-vergelykende en dokumentêr-historiese metodiek onderlê.Dit blyk uit die klassieke godsdiensfilosofie van Karl Marx dat dit nie vir hom bloot om kritiek op godsdiens per se gaan nie. Sy godsdienskritiek impiliseer vir Marx bowenal ook 'n samelewingskritiek. Meer spesifiek het Marx dit teen die polities-Iegitimerende karakter van godsdiens, en gepaardgaande daarmee godsdiens se tempering en onderdompel ing van enige revolusionêre bewussyn.Teenoor die ortodokse Marx se oënskynIike skerp afwysing van godsdiens verteenwoordig die neo-Marxiste, Ernst Bloeh, Roger Garaudy en Milan Machovee, 'n kennelike verandering in die verhouding tussen die Christendom en die Marxisme. Meer spesifiek hang die toenadering van die neo-Marxisme tot godsdiens saam met 'n uitgesproke waardering vir die lewe en werk van Christus, asook vir die sosiaal- revolusionêre potensiaal van godsdiens. Bloeh, Garaudy en Machovee verleen 'n vars betekenis aan die klassieke godsdiensfilosofie in 'n poging om godsdiens se potensiaal as 'n impetus vir sosio-politieke verandering vas te lê.Die bewerking van Marxistiese impulse meer die aanloop tot 'n illustratiewe in Swart Teologie vorm onderuitwysing van die eietydse relevansie en aktualiteit van die Marxistiese godsdiensfilosofie. SwartTeologie ontleen sy analitiese en konseptuele apparatuur aan die Marxistiese teorie. Van groot waarde veral is die praxis-ondertoon 'n die Marxistiese teorie en die Marxistiese opvatting van die mens as 'nkreatiewe historiese subjek. Vanuit hierdie kader betoog Boesak dat die CaIvinisme in Suid-Afrika tot 'n Wit Teologie verskraaI is, dit wiI sê tot 'n ideologie wat die bevoorregte politieke en ekonomiese posisievan die blankes regverdig en die apartheidsbeleid Skriftuurlik legitimeer.Dit blyk uit die konstruksie van 'n kritiek op die Suid-Afrikaanse sosio-politieke orde dat Boesak en ook ander kritiese teoloë of bewustelik of onbewustelik van aksente eie aan die Marxistiese godsdiensfilosofie gebruik maak om hul teologiese standpunte te formuleer en hul teenstand teen apartheid te verwoord. Soos in die geval van die Marxistiese godsdiensfilosofie, loop ook Boesak se godsdiensfilosofie oor 'n politieke program van aksie. Meer nog, deur die bewerking van die Marxistiese godsdiensfilosofiese impulse in sy eie teologiese stellingname iIlustreer Boesak impilisiet die eietydse relevansie en aktualiteit van die Marxistiese godsdiensfilosofie as 'n kritiek op die bestaande sosio-politieke werklikheid. Hierby het vier verdere temas in besonder as positiewe aspekte van die Marxistiese godsdiensfilosofie in die studie na vore gedring. Die eerste hiervan is dat kritiek op die sosio-politieke werklikheid, en nie op godsdiens as sodanig nie, voorrang by die Marxistiese godsdiensfilosofie geniet. Saam hiermee gaan die tweede bevinding, naamlik dat ateïsme nie die grondslag van die Marxistiese godsdiensfilosofie uitmaak nie, maar dat dit eerder 'n bykomstigheid of gevolg is. In die derde plek is bevind dat die Marxistiese godsdiensfilosofie vanweë sy maatskaplike besorgdheid en politieke bewustheid skerp afwysend staan teenoor tradisionele, pietistiese godsdiensopvattings. Vierdens is tot die slotsom geraak dat die Marxistiese godsdiensfilosofie die wesenlike rol wat die politieke terrein in die ervaringswerklikheid van die mens speel, op die voorgrond plaas.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:4      统一登录查看全文      激活码登录查看全文