已收录 270240 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die invloed van die goudmyne op die ekonomiese aktiwiteite van enkele dorpe aan die Oosrand vir die tydperk 1930 tot 1970
[摘要] Afrikaans: 'n Stad kan as die ruimtelike konsentrasie van werkendeinwoners as gevolg van sekere ekonomiese aktiwiteite watplaasvind, omskryf word. In die substreek van Benoni,Boksburg, Brakpan en Springs was goud die stimulerendeaktiwiteit wat kapitaalbeleggings en arbeid gelok het, enwaardeur verskeie belangrike markte totstand gekom het.As gevolg daarvan dat die goudmynbedryf baie winsgewendwas, het verdere uitbreiiings voortdurend plaasgevind en wasterugwaartse en voorwaartse skakeleffekte voordelig virdie ekonomie, veral in dié sin dat nywerhede totstandgekom het om in die behoeftes van die goudmyne te konvoorsien. Groter indiensneming het gevolg en die verdienstesvan die werknemers het 'nl groter vraag na verbruikersgoederegeskep waardeur die betrokke markte en nywerhede gestimuleerwas. Hierdie kumulatiewe proses het hand aan hand gegaanmet die voordele verbonde aan skaalekonomieë.Bewus van die feit dat die goudmynbedryf 'n verdwynendebate is, het die Suid-Afrikaanse regering sedert 1925 met'n doelbewuste beskermingsbeleid vir plaaslike nywerhedevoor die dag gekom. Dit, sowel as die voorspoedtydperkwat op die goudmyne na die devaluasie van die Suid-Afrikaanse pond op 31 Desember 1932 gewag het, het nywerheidsvestiging gestimuleer. Die invloed van die TweedeWêreldoorlog wat 'n skaarste aan, en gevolglik 'n prysstygingvan, verbruikersgoedere laat ontstaan het, was'n verdere bydraende faktor tot industrialisasie. Ten spyte daarvan dat die goudmyne in die substreek hul toppuntin 1940 bereik het, het hulle toe alreeds lank genoegbestaan dat voortgesette streeks-ekonomiese groei, as gevolgvan die vermenigvuldiger effek, in die na-oorlogse jarekon voortgaan. Die nywerheidsontwikkeling se bydrae hetmet die verloop van tyd belangriker as dié van die kwynendeuitgewerkte myne se bydrae tot die substreek se groei geword.Die goudmyne het egter nog die buitelandse valuta verdienwaarmee masjinerie, en soms ook grondstowwe, vir die fabriekeaangekoop was.Baie potensiële nyweraars het eers na die uitbreek van dieTweede Wêreldoorlog van Suid-Afrika se nywerheidsmoontlikhedebewus geword, en dit het 'n kumulatiewe effek gehad.Nywerhede was meesal in bestaande dorpe gevestig en kon diebestaande fasiliteite soos watertoevoer, elektriesekrag,paaie, spoorlyne, riolering, behuising, ensovoorts, benut.Fabriekswese is verder in die voorsiening van kapitaal deurstaatskorporasies aangehelp.As gevolg van die goudmynbedryf het daar oor die jare 'ngroot verbruikersmark in die substreek totstand gekom.Dit het veral fabrieke wat mark-georienteercle artikelsvervaardig, gelok. Ten spyte daarvan dat die goudmynealgaande gesluit het, het daar geen ontvolking of werkloosheidgevolg nie, omdat die nywerhede algaande meer werkgeleenthedegebied net.Die plaaslike owerhede van die dorpe in die substreek hetgunstige voorwaardes aan moontlike nyweraars gebied omhulle te oorreed om hulle in die dorpe te kom vestig.Hierdie aanmoediging het gunstige reaksie uitgelok en diegroei van die dorpe was algou nie meer van die goudmynbedryfafhanklik nie. Dorpsontwikkeling in die vorm van nywerheidsgebiedesowel as residensiëlegebiede het voortgeduur in ooreenstemming met die groter vraag daarna.Die aanvanklike basiese kapitaalbeleggings in die goudmynevan die substreek, sowel as die loonverdienste het as basisgedien vir die ontstaan en ontwikkeling van die ekonomieseaktiwiteite van die dorpe. Op grond hiervan, en die opbouvan die infrastruktuur gedurende die eerste fase van ontwikkeling,het die industrialisasiefase makliker bereikbaargeword veral as gevolg van die kumulatiewe effek wat dit opmarkverruiming gehad het. Elke suksesvolle fase vannywerheidsuitbreiding verhoog inkomste en die stedelikebevolking, en dit stimuleer verdere uitbreiding. Die dorpemoes dienste soos behuising, onderwys, water, elektriesekrag,ensovoorts voorsien, en as gevolg van die vraag daarna, hethulle bly groei.Die waarde van hierdie studie lê daarin dat dit leidingaan ander myndorpe kan gee met betrekking tot hul toekomstige,groei en ontwikkeling.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:5      统一登录查看全文      激活码登录查看全文