已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die taak van maatskaplike werk ten opsigte van geestesgesondheid
[摘要] Afrikaans: Deur die eeue heen is daar op verskillende wyses hulp aan diepsigo-sosiaal versteurde gelewer. Wanneer die hulpverlening aandie psigo-sosiaal versteurde persoon vanaf die vroegste tye inoënskou geneem word, kan ses tydperke onderskei word waartydensverskillende benaderings ten opsigte van die psigo-sosiaal versteurdepersoon aangehang is en waartydens verskillende wysesvan hulpverlening plaasgevind het. Hierdie tydperke is dieanimistiese, die naturalistiese, die teologiese, die hospitalisasie enafsonderings-, die rewolusionêre en die moderne tydperk.In die moderne tydperk is die fokus op gemeenskapsgeoriënteerdepsigiatrie en op gemeenskapsgeestesgesondheid. Daar word 'nbelangrike plek aan Maatskaplike Werk toegeken in die hedendaagsehulpverlening aan psigo-sosiaal versteurdes.Maatskaplike Werk as professie het 'n voorkomende taak op diegeestesgesondheidsterrein. Hierdie taak omvat voorkoming in diewydste sin van die woord en impliseer nie slegs die voorkoming vanveroorsakende faktore nie, maar die bevordering van geestesgesondheidin die algemeen. As sodanig gaan dit dus nie net om hulpverleningaan die psigo-sosiaal versteurde persoon nie, maar omdie daarstelling van sowel 'n geestesgesonde gemeenskap as 'ngemeenskap wat geestesgesondheid bevorder.Drie interafhanklike komponente van voorkoming kan onderskei word,naamlik primêre, sekondêre en tersiêre voorkoming. MaatskaplikeWerk kan primêr-voorkomend optree deur gemeenskapsgeestesgesondheidopvoeding;die daarstelling van voorkomingsfasiliteite en dieontwikkeling van gemeenskappe; en deur middel van maatskaplikegroepwerk met hoë risiko-groepe. Hoewel die onmiddellikeresultate van primêre voorkoming moeilik meetbaar is, lewer dittog op die langtermyn positiewe resultate en behoort daarom as 'nsaak van hoë prioriteit beskou te word.Wat sekondêre voorkoming aanbetref, bevorder drie werksterreinevan Maatskaplike Werk, te wete, personeel maatskaplike werk,maatskaplike werk binne skoolverband en geneeskundige maatskaplikewerk, die geleentheid vir maatskaplike werkers om op sekondêrevlak voorkomend op te tree. As gevolg van die tekort aan opgeleide maatskaplike werkers is dit egter nie altyd moontlik om aanalle persone met probleme, hulp te verleen voordat psigo-sosialeversteurdheid intree nie. Deur middel van krisisingryping enkonsultasie kan meer persone in 'n korter tydperk bereik word endie probleem beperk word.Tersiêre voorkoming noodsaak dienslewering binne multi-professionele spanverband. Enkele instellings waar maatskaplike werkersin diens is en 'n bydrae lewer tot die tersiêre voorkoming vanpsigo-sosiale versteurdheid is onder andere die psigiatriesehospitaal die algemene hospitaal, buitepasiënt klinieke engemeenskapsgeestesgesondheidsentrums. Die maatskaplike werkerhet 'n omvattende taak om te verrig as lid van die multiprofessionelespan, wat die volgende insluit: Intensiewe hulpaan die psigo-sosiaal versteurde persoon met betrekking tot diehantering van psigo-sosiale versteurdheid; die lewering vanrekonstruksiedienste ten einde voorbereiding te doen vir diepersoon se herintegrasie in die gemeenskap en nasorgdienste waar-.tydens die maatskaplike werker die dienste van die multiprofessionelespan afrond, die persoon spesifiek help met sy inskakelingen verdere behandeling en psigo-sosiale versteurdheidvoorkom.As gevolg van die tekort aan opgeleide maatskaplike werkers, is ditnie altyd moontlik om doeltreffende dienste aan alle nasorgkliëntete lewer nie. Ten einde dié probleem te beperk, is ditbelangrik dat die maatskaplike werker die hulpdienste waaronderbyvoorbeeld die pleegsorgplasing van kliënte, klubs vir oudpasiënte,Beskutte Arbeid en halfweghuise in die gemeenskap,sal benut.Doeltreffende uitvoering van die taak van Maatskaplike Werk tenopsigte van voorkoming, op die geestesgesondheidsterrein is niemoontlik sonder die koordinasie van dienste, gesonde beleid enwetgewing, navorsing en opleiding nie. Dit is daarom ook dietaak van Maatskaplike Werk om te koordineer; beleid en wetgewingdaar te stel en uit te voer; navorsing te onderneem en.maatskaplikewerkers op te lei vir dienslewering.Navorsing is noodsaaklik vir doeltreffende dienslewering en virdie voortbestaan van die professie. Omdat op die geestesgesondheidsterreinaan die mens in sy totaliteit aandag gegee word, isnavorsing in multi-professionele verband noodsaaklik. Dit blykegter dat navorsing op die geestesgesondheidsterrein deur diemaatskaplike werker nog dikwels agterweë gelaat word. Watopleiding betref, blyk dit dat die generies opgeleide maatskaplikewerker toegerus is vir dienslewering op die geestesgesondheidsterrein. Spesialiteitsopleiding moet egter nie uit die oogverloor word nie en kan veral van waarde wees wanneer die maatskaplike werker In tersiêr-voorkomende diens lewer.Ten slotte kan gestel word dat Maatskaplike Werk in belangrikeen byna onontbeerlike bydrae kan lewer ten opsigte van die hulpverleningaan die psigo-sosiaal versteurde persoon en die bevorderingvan geestesgesondheid in die algemeen.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:5      统一登录查看全文      激活码登录查看全文