已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Handwerkonderwys in die Oranje-Vrystaat in histories-pedagogiese perspektief gesien
[摘要] Afrikaans: 'n Ondersoek in verband met navorsing op die gebied van handwerkonderwyshet aan die lig gebring dat daar sover bekend, nog net vier persone iswat 'n studie van hierdie vak op nagraadse vlak onderneem het. Hierdienavorsers het hulle op die handwerkonderwys van Kaapland en Transvaaltoegespits , derhalwe bestaan daar 'n groot agterstand wat die Oranje-Vrystaat in die besonder betref, asook oor die navorsingsveld wat oordie algemeen tot dusver in verband met handwerkonderwys gedek is.Hierdie ondersoek handeloor die onderwys van handwerk in die Oranje-Vrystaat, waar die oog in die eerste plek op die historiese aanvang enverloop van die vak in die skoolkurrikulum gerig word. Die ondersoektoon dat dr. John Brebner as Superintendent van Onderwys gedurende dieRepublikeinse tydperk baanbrekerswerk verrig het deur met onvermoeideywer en op grond van 'n versiende onderwysbeleid 'n nederige dog deeglikebegin met handwerkonderwys by 'n paar skole in die provinsie gemaak heten waarvan die beginsels op die bekende Sweedse Slojd-kursus, watgedurende die laaste kwart van die vorige eeu deur die meeste Wes-Europese lande in hul skoolstelsel gevolg is, gegrond is. Hy het ookdie behoefte vir 'n ambagskool ingesien sodat jong manne wat as gevolgvan die runderpes en voortdurende droogtes geen boerderyvooruitsigtegehad het nie, 'n heenkome kon vind deur In ambag te leer. Dit het totdie stigting van die eerste ambagskool in Bloemfontein aanleiding gegee.Vervolgens is aangetoon hoedat daar weer van nuuts af met handwerkonderwysná die Anglo-Boereoorlog 'n aanvang gemaak moes word, eers onder 'n Kroonkoloniebewind wat as gevolg van finansiële omstandighede nie veel konvermag nie, en ook ná Uniewording waartydens stewige grondslae vir dievestiging van handwerk as onderwysvak in die meeste skole van dieprovinsie tot en met Standerd ses gelê is, asook die beheer wat die staat,die provinsiale owerheid en ouerliggame oor die onderwys uitgeoefen het.Belangrik in dié verband, was die oorname van ambagskole deur die staat in1926.Daar is voorts aangedui hoedat handwerkonderwys ná die tweede wêreldoorlogtot op skooleindvlak as eksamenvak ontwikkel het, dat Hoër Tegniese Onderwysln 1968 weer aan die provinsies toegesê word, dat die leerplanne en kursusseop nasionale grondslag gekoordineer word en dat 'n nuwe bedeling in verbandmet handwerkonderwys met die implementering van die Wet op NasionaleOnderwysbeleid (Wet nr. 39 van 1967) intree, waardeur die stelsel vangedifferensieerde onderwys meer prominente plek in die onderwysstelselbeklee omdat 'n praktiese studierigting naas ander studierigtings tot opskooleindvlak ingestel word, asook 'n prakties gerigte kursus vir daardieleerlinge wat nie in die gewone klasse na wense kan vorder nie.Die uitdruklike bepaling van die Wet op Nasionale Onderwysbeleid dat dieskole van die Republiek 'n Christelike karakter moet hê en dat alle opleiding van onderwysers vir sekondêre skole slegs by 'n universiteit verskafmoet word, het dié implikasie dat die opleiding van die onderwyser ook 'nChristelike karakter moet dra. Met die oog hierop is 'n poging aangewendom vanuit Christelik-wysgerige standpunt 'n uiteensetting van die doelstellings in die opleiding van die handwerkonderwyser te gee, asook die eienskappe wat die handwerkonderwyser moet besit, waardeur hy instaat gestelsal word om op Christelik-wetenskaplike gronde in prinsipieel-allesdekkendesin die onvolwasse Christenkind tot die ontsluiting van sy volle persoonlikheid en in al sy lewensuitgange tot die diens van God met sy hele hart,ook in sy kultuurskepping, uit te lei.Daar is verder ook saaklik aan die opleiding van die handwerkonderwyserin historiese verband aandag gegee, waardeur aangedui is hoe die Wet opNasionale Onderwysbeleid daartoe aanleiding gegee het dat 'n nie-graadseHoër Onderwysdiploma in handwerkonderwys aan die Universiteit vandie Oranje-Vrystaat ingestel is.Ten slotte word on hipotese vir graadopleiding in handwerkonderwys gestelen word die noodsaaklikheid van nagraadse studie op hierdie gebiedbeklemtoon, deur enkele riglyne met die oog op toekomstige navorsing aante dui.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:4      统一登录查看全文      激活码登录查看全文