'n Bedryfsielkundige ondersoek na die gevolge van vrywillig-beheerbare arbeidsomset vir tegnici in 'n diensorganisasie
[摘要] Afrikaans: Arbeid is die belangrikste hulpbron van enige organisasie omrede dit die anderhulpbronne aktiveer. Wanneer 'n vakature in 'n organisasie se postestruktuur bestaan,word 'n geskikte werknemer uit die arbeidsmark aangestel wat 'n salaris vir sy arbeidbetaal word. Die verhouding kan nie vir ewig bestaan nie en in een of ander staduimkom dit tot 'n einde. Die proses staan bekend as arbeidsomset. Literatuur wat oordie onderwerp handel, is dit eens dat die proses sekere positiewe en negatiewe gevolgevir die werknemer en sy organisasie inhou. Baie min modelle bestaan oor arbeidsomsetgevolgeen verskeie hipoteses oor.die onderwerp kom in die literatuur voor. Hierdiehipoteses oor arbeidsomsetgevolge is saamgevat in die literatuurgedeelte van diestudie in modelle wat die positiewe en negatiewe gevolge vir die verlater, blyer,werkgroep, organisasie en die gemeenskap aandui.Die departement van Pos en Telekommunkasiewese ondervind al jare lank 'n arbeidsomsetprobleem.'n Voorlopige studie het aangetoon dat die departement jaarlikshonderde opgeleide tegnici weens arbeidsomset verloor. Dit het die navorsingsvraaglaat ontstaan wat die gevolge van arbeidsomset deur tegnici vir die Departementis.Om die vraag te beantwoord, is dit in drie subdoelwitte verdeel. Die eerste subdoelwithet ten doel gehad om die werklike omvang van die verskynsel in die Departementte bepaal. Die tweede subdoelwit (wat verder in twee verdeel is) het ten doel gehadom te bepaal wat dit kos om 'n werknemer as 'n leerlingtegnikus aan te stel, op telei as 'n tegnikus en hom weer deur middel van arbeidsomset aan die arbeidmarkaf te staan. Tweedens was die doelom te bepaal of daar'n verband tussen algemenesalarisaanpassings en arbeidsomsetkoerse van tegnici is. Die derde subdoelwit hetten doel gehad om die verband tussen arbeidsomsetvoornemens en sekere individueleengroepveranderlikes te bepaal.Om subdoelwit een en twee te bereik is toepaslike data vanuit personeelregisters .onttrek, frekwensietabelle opgestel en in grafiese vorm aangebied waaruit die afleidingsgemaak is. Wat subdoelwit III betref is toepaslike data met behulp van vraelystevanuit die tegnicipopulasie bekom. Die data is statisties deur die Rekensentrum vandie Universiteit van die Oranje-Vrystaat verwerk.Die resulate het bevestig dat die departement wel met 'n arbeidsomsetprobleem tekampe het, maar dat dit grootliks tot die blanke bevolkingsgroep beperk is. As dieprobleem streeksgewys benader word, is die probleemgebiede die Witwatersrand,Transvaal en Natal. Met subdoelwit twee is bevind dat arbeidsomset die departementjaarliks miljoene rande uit die sak jaag. Algemene salarisaanpassings het volgenssubdoelwit lI(b) nie veel gehelp om die probleem te beperk nie. Wat subdoelwitIII betref, is dit bevind dat daar 'n betekenisvolle verband tussen arbeidsomsetvoornemensen die onderskeie individuele- en groepveranderlikes bestaan.Dit is duidelik dat die departement indringend aandag moet skenk aan die probleemvan arbeidsomset, veral in die lig van die koste wat daaraan verbonde is. Algemenesalarisaanpassings help nie veelom die probleem die hoof te bied nie en aandag saldaaraan geskenk moet word deur meer doeltreffende beheerstrategieë te ontwikkel.Die belangrikste beginsel wat in ondersoeke van die aard in die gedagte gehou moetword, is dat die populasies wat bestudeer word so homogeen as moontlik moet wees.'n Moontlike oorsaak van die probleem is die indiensnemingsbeleid van die departementwat op nuwelinge in die arbeidsmark gerig is. Nuwe toetreeders tot die arbeidsmarkis geneig tot arbeidsomset. Die werwingsaksie moet moontlik gemik word opwerknemers wat al 'n periode in die arbeidsmark staan. Uit die studie is dit duidelikdat werknemers wat besluit het om te bedank se werktevredenheid afneem. Dievernaamste rede wat vir bedanking aangegee word, is ontevredenheid met salaris,wat as dit nie in die regte lig beskou word nie, tot ontoepaslike optredes kan lei.Die studiegebied oor arbeidsomsetgevolge is 'n braak veld wat vele geleenthede virtoekomstige navorsing bied.
[发布日期] [发布机构] University of the Free State
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]